AARTAPPELKOEKIES
6 aartappels, gerasper
2 eiers
80 ml (1/3 k) koekmeel
sout en peper
60 ml (¼ k) gekapte grasuie
olie
AFRONDING
125 ml (½ k) crème fraîche
2 blikke (170 g elk) tunastukke, gedreineer
Aartappelkoekies Meng alles en geur met die sout en peper.
Verhit olie vir vlakbraai en skep lepels vol van die mengsel in ’n pan. Braai tot alkant goudbruin en gaar.
Afronding Skep ’n lepel crème fraîche op elke koekie en pak stukkies tuna op. Sit voor saam met vars kruie.