Model: Chevrolet Spark LS
Die Chev Spark met sy prettige voorkoms sal jou maklik ’n vonkel in die oog gee wanneer jy agter die stuur inskuif.
Hy is immers bekostigbaar, het talle geriefs- en veiligheidskenmerke, is lig op brandstof en verbasend rats.
Die paneelbord is byderwets en daar is onder meer allooiwiele, elektriese vensters, lugversorging, ’n sentrale sluitstelsel en dubbele lugsakke. En hoewel die enjin klein is, lewer dit meer as genoeg krag vir sy klas.
As ’n intreevlak-motor is dit ’n goeie kopie en boonop is dit ook die perfekte ryding vir alledaagse stadsverkeer.
- PRYS R132 600
- ENJIN 1,2 Lviersilinder; 60 kW, 108 Nm
- VERRIGTING 0-100 km/h in 13,3 sek., topspoed 164 km/h; 5,4 L/100 km
- MEDEDINGERS Hyundai i10, Honda Brio
- ONS HOU VAN Suinige brandstofverbruik, rit, waarde vir geld.
- MAAR DIT PLA Die voorkoms val dalk nie in almal se smaak nie.