Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

’n Nuwe dagga-parfuum op pad

$
0
0

Colorado het byna ’n maand gelede die eerste Amerikaanse staat geword wat dagga vir suiwer ontspanning verkoop. Dit was die begin van ’n bloeiende daggabedryf, en een van die dae sal geharde aanhangers van die plant dit ook in reukwatervorm agter die oor kan tik.

Richard E. Grant werk al twee jaar saam met die Britse afdelingswinkel Liberty aan ’n reukwater wat na dagga ruik. Dit sal in April te koop wees.

Richard, ’n gebore Swazilander wat in Suid-Afrika studeer het, is ’n akteur wat al in meer as 80 rolprente en televisieprogramme verskyn het. Hy is veral bekend vir sy rol in Withnail and I (1987).

Afgesien van sy skerp daggareukie, het die nuwe reukwater ook ondertone van lemmetjie, naeltjieolie, nartjie en tabak. Dis geskik vir albei geslagte en Richard noem dit Jack. Die verpakking is, in ware Britse styl, knalrooi.

Richard het aan The Daily Telegraph gesê sy vriendin, die ontwerper Anya Hindmarch, het die idee vir die reukwater gekry toe sy sien hy ruik aan plante.

Megan Bursey

Bronne:

http://www.refinery29.com/2013/11/57004/marijuana-perfume-richard-e-grant-liberty

http://www.richard-e-grant.com/


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>