Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Buckingham-paleis soek iemand om badwater in te tap

$
0
0

Buckingham-paleis het Maandag ’n pos geadverteer vir ’n huishoudingsassitent wie se plig dit onder meer sal wees om die koninklikes se badwater in te tap en te reël dat die tee bedien word.

Die suksesvolle aansoeker, wat R265 300 per jaar sal verdien,  sal verantwoordelik wees vir “skoonmaak, aanbieding en gastesorg van hoë gehalte” in koningin Elizabeth II se ampswoning in Londen.

Die pligte sluit in “die reël van droogskoonmaak, versorging van juweliersware, badwater intap, help aantrek, indien vereis, en die reël van die bediening van tee en ontbytskinkborde”.

Volgens die advertensie op die koninklike huishouding se webtuiste sal die nuwe werknemer in die nabyheid van die koningsgesin werk en moet hulle hy of sy “vertroulikheid kan handhaaf”.

Die posbekleër is verantwoordelik vir die instandhouding van matte, bekleedsel, antieke meubilering, kunswerke, portretrame, spieëls, en silwer- en geelkoper-items.

Aansoekers vir die werk van 40 uur per week moet “nougeset wees met noulettende aandag aan nadere besonderhede” en bereid wees om sowat drie maande per jaar buite Londen te werk.

“Kos en verblyf word voorsien, waarvoor daar ’n salarisaanpassing sal wees,” lui die advertensie.

Die koninklike huishouding se opdrag is die verlening van “uitsonderlike raad en steun” aan koningin Elizabeth sodat sy Brittanje en sy mense kan dien.

Die huishouding het sowat 1 200 werknemers, van tuiniers, kurators en kokke tot sekretaresses en meubelbeplanners.

-Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>