Ek soek Hennie Swart. Hy was woonagtig op Viljoenskroon en ek op Vierfontein. Ek soek ook Rieks Sevenster, wat ook op Vierfontein gewoon het en Corrie Dent. Sy en haar het, het in Florida gewoon. Bel Meisie by 073-475-1757. My adres is M. Nortje, Fitz Patrick 13B, Lyttelton.
Ek soek Georgië, wie se getroude van onbekend is. Sy het gewoon in Vereeniging en gewerk by I&J, maar later Klerksdorp toe verhuis. Bel my by 073-170-2708. Ek soek ook na Ben en Anna Van Zyl was woonagtig in Cullinan. Hy was werksaam by die WNNR. My adres is Mej HM Steyn, Fitzpatrick 13B, Lyttelton.
Ek soek my seun wat in pleegsorg is. Hy is nou ses jaar oud en gebore op 15 April 2007 in Pretoria-Wes-hospitaal. Bel my by 071-892-0655. My adres is: Dunnstraat 36, Jagersfontein, 9947.
Ek soek dringend my niggie Maureen Jones en my stiefma, Margaret Muller. Bel my by 078-059-8543. My adres is: Dunnstraat 36, Jagersfontein, 9947.
Ek soek my suster se twee dogters. Deur omstandighede moes sy hulle laat aanneem by Dollie Liebenberg. Hulle was woonagtig op die plaas Munnik in die omgewing van Soekmekaar. Ek dink die man was ’n sersant in die polisie. Die oudste is Rene Riekert (gebore 28 Maart) en Deirdre Riekert (10 Mei). My suster het vergeet watter jaar. Ons sal dit so waardeer as daar iemand is wat ons kan help. Ons het al baie geadverteer; hoop ons is nou gelukkig. Bel 083-986-1455.
Catharina Susanna Johanna (Katryn) Schoeman soek haar familie. Sy woon al 20 jaar alleen in Amelia-nasorgsentrum in Potchefstroom. Enige hulp sal van groot waarde wees.
Katryn is gebore op 28 Junie 1972 en het skool gegaan aan die Laerskool Totius, Vanderbijlpark. Voor sy by Amalia opgeneem is, was sy in die Amari Spesiale Skool in Welkom. Haar ouers is al oorlede, maar sy het twee broers, Hendrik Jacobus Schoeman (gebore 28 Oktober 1956) en Gerhardus Petrus Schoeman (10 Maart 1959), ’n halfbroer, Johan Hendink Pretorius (het op Groblersdal gewoon) en ’n halfsuster, Hester Mariad Swart.
Sy en van haar familie het in 80’s by haar oudste broer, Hendrik Schoeman, in Vereeniging gewoon. Hy het by Yskor-seksie 12 gewerk. Katryn het 20 jaar gelede laas met haar familie kontak gehad. Sy sal dit baie waardeer om weer kontak met hulle te maak. My adres is: Hannie Reyneke, Du Plooystraat 29, Potchefstroom, 2520 of bel 018-297-5270 en e-posadres nwmhsw@gmail.com
Ek soek Magriet en Allex Pearson. Toe ons laas met hulle kontak gehad het, het hulle in die omgewing van Brits op ’n plaas gewoon. Allex het saam met my man, Stanley Christians, op die myne gewerk. Ons sal dit waardeer as iemand enige nuus omtrent hulle kan gee. Bel my, Rina Christians, by 072-671-6279. Ons huis adres is Soeniestraat 11, Estherpark, 1619.
Ons is twee ou skoolvriendinne wat ons matriekmaats soek wat in 1965 saam met ons in die Hoër Handelskool Johan Jurgens, Springs, in St. 10A1 was met mej. Armstrong as klasonderwyseres asook matriekmaats van St. 10B. Bel Antonette Robberts (nou De Wet) by 079-392-0000 en Leatitia Potgieter (nou De Wet) by selnommer 072-155-1501.
Ek soek oudkollegas wat saam met my gewerk het van 1966 tot 1970 by die PVAK, SA Polisie, Vereeniging, in die Barclays Bankgebou en later in die polisiegebou, Voortrekkerstraat, Vereeniging. Bel Antonette Robberts (nou De Wet) by 079-392-0000.