Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Komaan, 2014!

$
0
0

Dit woel behoorlik in die huis van ons glansblogger Mark Pilgrim. Sy babadogtertjie het die nuwe jaar ingeval, ousus het ’n prinseskamer gekry, en hy self het ’n groot plan vir 2014 . . .

EK IS mal oor Kersfees en ná die vakansie heers daar altyd daardie gemengde gevoel van hartseer dat die vakansie verby is en hernude woema vir die nuwe jaar.

Ek en my meisies het heerlik in Kaapstad vakansie gehou. Ek dink ek het dit miskien een keer met my toon in die water gewaag. Dit was so koud dat elke moontlike aanhangsel teen my bolyf teruggekrimp het op soek na ’n bietjie hitte. My kinders was mal oor die strand.

Mark Pilgrim en sy vrou Nicole op die strand in Kaapstad

Saam met my vrou, Nicole.

Terug in Johannesburg het ons hulle na die Egoli-weergawe van eindelose vermaak geneem: Papachino’s. Dankie tog vir restaurants wat van kinders hou en enorme speelplekke het. Ons het byna ’n hele week daar deurgebring.

Tayla-Jean en Alyssa Pilgrim in hul pienk balletrokkies

My dogtertjies Tayla-Jean en Alyssa. Tayla-Jean is mal oor ballet en Alyssa aap alles na wat sy doen!

Vandag kom die bouers (hopelik) ook terug na ons huis toe om die laaste opknappings af te rond. Dit was ’n waansinnige vier maande, maar die moeite werd. Tayla-Jean is mal oor haar slaapkamer. Dit was die “ou spaarkamer”.

Ou spaarkamer in Mark Pilgrim se huis

So het die kamer altyd gelyk.

En nou is haar slaapkamer omtrent groter as ons s’n . . .

Tayla-Jean Pilgrim se nuwe lsaapkamer

En kyk hoe lyk dit nou!

In Alyssa se kamer was daar ook ’n paar veranderinge. Verlede week het sy uit haar kot na ’n bed toe getrek . . . en sy het nog net een keer uitgeval!

Gesondheid op ’n fantastiese jaar en ’n paar groot veranderinge wat voorlê. Ek het ’n nuwe maatskappy in die lewe geroep wat hopelik wonderlike dinge in 2014 gaan doen. Meer besonderhede op pad! Ek sien ook uit daarna om steeds die grootste treffers van die week met julle te deel – elke Saterdag op die Kia Take40sa op Highveld en KFM.

Groetnis

Mark

Mark Pilgrim  Mark Pilgrim is ’n vryskutradio- en TV-aanbieder en is ’n omroeper op 94.7 Highveld Stereo en 94.5 Kfm. Volg hom by @MarkPilgrimZA of gaan na sy webtuiste.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>