Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Drie motors vir ma’s

$
0
0

Opel Meriva 1,4T Enjoy

meriva

Opel se nuwe Meriva is een van die modernste en praktiesste motors in sy klas. Sy agterdeure, wat in die teenoorgestelde rigting as die voorstes oopmaak, vergemaklik in- en uitklim en die in- en uitlaai van groter items aansienlik. Boonop kan die agtersitplekke op verskillende maniere platgeslaan of rondgeskuif word. Die Meriva, wat verskeie standaardkenmerke het, is een van die veiligiste motors in sy segment en sy turbopetrolenjin en maklike hantering maak dit ’n plesier om hom te bestuur.

  • PRYS R253 800
  • ENJIN EN VERRIGTING 1,4 L-turbopetrol; 103 kW, 200 Nm
  • BAGASIERUIM 400-920 L
  • VEILIGHEID ABS-remme, lugsakke voor en in die dak
  • WAARBORG Vyf jaar/120 0000 km
  • DIENSPLAN Vyf jaar/90 000 km

Kia Soul 1,6

kiasoul

Die Soul is wat Kia noem ’n “stedelike oorkruisvoertuig”. Die motor is in die kol as ’n krooskarweier: Sy voorkoms is treffend, daar is baie ruimte binne-in danksy sy vertikale afmetings en hy is baie goed toegerus, met onder meer Bluetooth vir jou selfoon (sodat jy jou lewe kan organiseer sonder om jou hande van die stuurwiel af te haal). ’n Mens sit ietwat hoër as in ’n gewone motor en sigbaarheid reg rondom is goed. Boonop is die bougehalte goed en die donker skakering van die bekleedsel sal nie gou vuil merke wys nie.

  • PRYS R216 995
  • ENJIN EN VERRIGTING 1,6 L-petrol; 95 kW,
  • BAGASIERUIM 222-700 L
  • VEILIGHEID ABS-remme, lugsakke voor en aan die kante
  • WAARBORG Vyf jaar/100 000 km
  • DIENSPLAN Vier jaar/90 000 km

Livina X-Gear 1.6 Acenta+

xgear

Die Livina X-Gear is dalk al ’n bietjie ouer, maar blyk ’n regte staatmaker te wees. Kyk jy daagliks rondom jou, is daar genoeg bewys hoeveel gesinne sy prysetiket as aantreklik beskou het. Die motor het al die belangrikste geriefskenmerke soos lugverkoeling, ’n klanstelsel, kragstuur en elektriese vensters, is regtig ruim, en al is hy binne-in nie hipermodern nie, is die Livina X-Gear p prakties en baie goed gebou. Dit voel of die motor lank getroue diens sal lewer.

  • PRYS R208 800
  • ENJIN EN VERRIGTING 1,6 L-petrol; 80 kW, 153 Nm
  • BAGASIERUIM383-769 L
  • VEILIGHEID ABS-remme, lugsakke voor
  • WAARBORG Drie jaar/100 000 km
  • DIENSPLAN Drie jaar/60 000 km

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!