Die vermoorde Reeva Steenkamp se ouers, Barry en June, kan vergoeding ontvang vir die dood van hul modeldogter. Maar die onderhandelings tussen die Steenkamps en die gouemedalje-lemnaeler, Oscar Pistorius, is nog in ’n “sensitiewe stadium”.
Oscar het sy meisie, Reeva, verlede jaar op Valentynsdag doodgeskiet. Volgens mediaberigte trek haar ouers sedert haar dood noustrop.
Die Steenkamps se prokureur, Dup de Bruyn, het aan Beeld gesê dat onderhandelinge in ’n sensitiewe stadium is; hy wou nie nog kommentaar lewer nie uit vrees dat dit onderhandelings in die wiele kan ry.
Kenners raam dat die vergoedingsbedrag tussen R2 miljoen en R3 miljoen kan beloop. Oscar kom in Maart in die hooggeregshof in Pretoria op ’n moordklag voor.
Bronne: Beeld; Daily Mail