Die benoemings vir die 86ste Oscar-toekennings is vanoggend aangekondig: Die flieks wat vir Beste Rolprent benoem is, is: American Hustle, Captain Phillips, Dallas Buyers Club, Gravity, Her, Nebraska, Philomena, 12 Years a Slave en The Wolf of Wall Street.
Die benoemdes vir beste akteur is Christian Bale (American Hustle), Bruce Dern (Nebraska), Leonardo DiCaprio (The Wolf of Wall Street), Chiwetel Ejiofor (12 Years a Slave) en Matthew McConaughey (Dallas Buyers Club).
Die benoemdes vir beste aktrise is Amy Adams (American Hustle), Cate Blanchett (Blue Jasmine), Sandra Bullock (Gravity), Judi Dench (Philomena) en Meryl Streep (August: Osage County).
Die benoemdes vir beste regisseur is Alfonso Cuaron (Gravity), Steve McQueen (12 Years a Slave), Alexander Payne (Nebraska), David O. Russell (American Hustle) en Martin Scorsese (The Wolf of Wall Street).