Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Bryan Habana word pa!

$
0
0

Die Springbok-vleuel Bryan Habana en sy vrou, Janine, verwag hul eersteling! Janine het vroeër vandag die nuus op haar Facebook-profiel bekendgemaak.

“Ek en @BryanHabana is baie opgewonde om ons seëning van Bo aan te kondig, ons klein bondeltjie liefde! In 2014 gaan ons gesin met een groei! #BabaHabana #dankbaar #geseënd” het sy opgewonde laat hoor.

Die paartjie woon deesdae in Frankryk waar Bryan vir die Franse klub Toulon speel.

Die TV-aanbieder en aktrise Nadia Beukes, wat oor Nuwe Jaar by die paartjie gekuier het, sê Janine is nog nie by die halfpad merk in haar swangerskap nie, maar dat hulle baie opgewonde is oor hul eersteling se koms.

“Sy is die mees gemaklikste swanger vrou wat ek ken,’’ sê Nadia, wat Janine al 13 jaar ken en ook hul strooimeisie was op hul troue.

‘‘Janine het alles gedoen saam met ons. Sy was nie vir ’n oomblik moeg nie. Sy sprankel al die pad. Dis dalk omdat sy so fiks en fantasties is. Hulle is baie opgewonde en ek sien baie uit om die kleintjie te ontmoet.’’

Veels geluk julle twee!

Janine het hierdie foto van die sona op Facebook gedeel.

Janine het hierdie foto van die sona op Facebook gedeel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>