Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die waarheid oor Kersvader

$
0
0

minki

Vertel jy vir jou kinders hoe belangrik dit is om koekies en melk vir Kersvader voor die kaggel te los wanneer hy geskenke bring, of vertel jy vir hulle van kleins af die wrede waarheid oor die bestaan van die grys oom in die rooi pak?

Lize van der Merwe, ’n opvoedkundige sielkundige van Goodwood, meen fantasie en verbeelding is deel van ’n noodsaaklike ontwikkelingsfase vir kinders tot op die ouderdom van nege, wanneer dit nog vir hulle moeilik is om abstrakte konsepte te verstaan.

“Om pappa soos Kersvader te laat aantrek, help so ’n bietjie om die verbeelding te stimuleer. Ouers vra soms vir my wanneer hulle hul kinders die waarheid oor Kersvader moet vertel, maar ek dink nie dis nodig nie, want hulle ontdek gewoonlik self wat aangaan.”

Volgens haar word kinders deesdae op ’n vroeë ouderdom met goed soos misdaad en geweld gekonfronteer. “Om hulle ’n bietjie ‘klein’ te hou deur fantasieë soos die Tandemuis, Paashaas en Kersvader is nie sleg nie.”

Ons het ’n paar bekendes gevra wat hulle vir die jongspan vertel.

Die model Minki van der Westhuizen en haar rugbyspeler man Ernst Joubert aan Katerien (5 maande): “Ons sal haar vir seker van Kersvader vertel, maar sy sal ook van die begin af geleer word dat ons Jesus se geboorte vier en dat ons in liefde kan leef deurdat God sy Seun aarde toe gestuur het.”

Die sanger Elvis Blue en sy vrou Chireze aan Lali (3) en Jua (7 maande): “Deesdae vind kinders so maklik op hulle eie van Kersvader uit. Wanneer ek kyk hoe my dogtertjie reageer op die liggies en advertensies met die vriendelike man met sy rooi mus, besef ek dat Kersvader in haar oë nie ’n werklikheid is nie. Dit is duidelik sy hom baie van hom, maar ek kry die idee dat sy tog self onderskeid kan tref tussen ’n regte mens en iets wat daar is vir verbeelding en vermaak.”

Die sangeres Nianell en haar man, Andrew Thompson, aan hulle drieling Kaeley, Jade en Tayden (6): Ons maak nie ’n vreeslike storie daarvan nie. Een jaar het oupa soos Kersvader aangetrek en een jaar hul pa, maar hulle is vreeslik slim en het onmiddellik geweet wie dit is.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>