’n Lekker kinkel op pap-en-wors met sous.
Lewer 6-8 klein stokkies
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
STOKKIES
800 g-1 kg dun boerewors
16 heel songedroogde tamaties in vinaigrette
4 baba-uitjies, in kwarte gesny
POLENTA
500 ml (2 k) water of groenteaftreksel
500 ml (2 k) melk
250 ml (1 k) polenta
2 wiele fetakaas, gekrummel
15 ml (1 e) botter
sout na smaak
- Stokkies Ryg die wors, tamaties en uie aan die stokkies. Braai oor kole, in ’n riffelpan of oondrooster 10 minute by 200 °C tot goudbruin en gaar.
- Polenta Verhit die aftreksel en melk in ’n kastrolletjie tot net voor kookpunt. Klits en giet die polenta bietjies-bietjies by. Laat prut 10 minute terwyl af en toe geroer word.
- Haal van die hitte af en roer die feta en botter by. Geur met die sout en sit voor saam met die stokkies.