GenoeG vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
marineertyd: oornag
MARINADE
250 ml (1 k) tamatiesous
1 klein ui, gerasper
1 knoffelhuisie, gekneus
60 ml (¼ k) worcestersous
25 ml (5 t) vars suurlemoensap
15-30 ml (1-2 e) bruinsuiker
15 ml (1 e) druiweasyn
15 ml (1 e) mosterdpoeier
5 ml (1 t) fyngekapte brandrissie
5 ml (1 t) tabascosous
HOENDER
12 hoendervlerkies
- MARINADE Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol, bring tot kookpunt en laat 10 minute prut. Laat afkoel.
- HOENDER Plaas die hoendervlerkies in ’n niemetaalbak en giet die marinade oor. Marineer oornag in die yskas.
- Voorverhit die roosterelement van die oond. Pak die vlerkies in ’n enkellaag op ’n bakplaat of in ’n oondpan en rooster 20-30 minute of tot die vlerkies gaar en sag is. Draai dit gereeld om terwyl dit rooster en smeer met die marinade.
Sit voor met bier en brood.