Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Fliekvlooi: Wat in rolprentteaters wys

$
0
0

1458655_718419374853139_199042554_n

Een van die rolprente waarna baie mense vanjaar die meeste uitgesien het, begin vandeesweek. The Hobbit: The Desolation of Smaug (10-12O G) is die tweede aflewering van die trilogie gegrond op The Hobbit, J.R.R. Tolkien se geliefde voorloper tot The Lord of the Rings. Bilbo (Martin Freeman), die hobbit waarna die titel verwys, en die towenaar Gandalf the Grey (Ian McKellan) is steeds saam met ’n groep dwerge op pad om hul bergtuiste te herower van die draak Smaug (Benedict Cumberbatch se stem). Hulle het die Misty Mountains oorgesteek, maar nou wag die grieselige Mirkwood Forest.

Die rolprent is goed ontvang. Op die resensiewebtuiste Rotten Tomatoes het dit 74 persent gekry en die konsensus is: “Al word dit effens gekniehalter deur probleme met ‘middelhoofstuk’-verteltrant en uiterste lengte, is The Desolation of Smaug ’n selfversekerde, opwindende tweede hoofstuk in die Hobbit-reeks.” Die Britse rolprenttydskrif Empire se Nick de Semlyen gee dit vyf sterre en skryf: “Middle-earth het sy woema terug. Dis ’n groot verbetering op die vorige hoofstuk en neem ons avonture na ongebaande gebiede en bied hope skouspel”.

Die Afrikaanse fliek Stuur Groete aan Mannetjies Roux (10-12 O TG) is gegrond op die gelyknamige toneelstuk deur Christopher Torr wat geïnspireer is deur die lirieke van die gelyknamige liedjie, soos gesing deur Laurika Rauch. Tydens die skoolvakansie besoek ’n tienermeisie, Engela (Lizelle de Klerk), haar oom Frans (Ian Roberts) en tannie Koba (Anna-Mart van der Merwe) op hul plaas in die Karoo. Engela worstel met wie sy werklik is en haar lewe verander toe drie besoekers binne ’n week op die plaas opdaag.

Laetitia Pople van Die Burger gee die fliek drie sterre en loof die regisseur, Paul Eilers, vir hoe hy “die karakters se geheime stadig (laat) ontvou”. Volgens haar is hy ná Verraaiers en Roepman weer “op sy stukke”. Sy verstaan dat mense die fliek wil ondersteun omdat dit Afrikaans is, maar skryf dis “nog beter om dit te ervaar en te besef dat dit loshande ’n beter en ryker fliek is as meer as driekwart van die top-10 lokettreffers tans op die kringloop”. Leon van Nierop het dit ook drie sterre gegee. Hy voel die storie is ’n bietjie dun vir ’n vollengterolprent en dat die atmosfeer soms ook te onderspeel en die tempo te stadig is. Hy beveel dit net aan vir aanhangers van die toneelstuk.

Diegene wat liefderyk terugdink aan die testosteroonbelaaide aksieflieks van die 80’s, behoort Escape Plan (16 TG) te geniet; dis die eerste rolprent waarin Arnold Schwarzenegger en Sylvester Stallone saam hoofrolle vertolk. Sylvester is ’n veiligheidskenner wat gevangenisse se veiligheidsmaatreëls toets deur opgesluit te word en te ontsnap. Toe hy verraai word en werklik in ’n nuwe gevangenis beland, span hy en ’n medegevangene (Arnold) saam om te ontsnap.

Hierdie rolprent het gemengde reaksie ontlok en het 49 uit 100 op Metacritic gekry. Die Britse rolprenttydskrif Total Film se Andy Lowry het dit drie sterre gegee en beskryf dit as “hoogs genotvolle, in by die een oog, uit by die ander oog nonsens”. Dit ry dalk soms op die charisma van sy hoofrolspelers en dis nie juis diep nie, maar daar is ’n Vrydagaand om te geniet”.

Die Sherlock-ster Benedict Cumberbatch maak sy verskyning in nog ’n rolprent wat vandeesweek uitgereik word, maar hierin vertolk hy die hoofrol. The Fifth Estate (13 TSG) is ’n biografiese rolprent oor Julian Assange (Benedict) en Daniel Domscheit-Berg (Rush se Daniel Brühl), wat die webtuiste Wikileaks gestig het. Dis ’n platform waarmee mense geheime inligting kan bekendmaak wat regerings en korporasies van die publiek wil weerhou. Maar namate hulle toegang verkry tot toenemend gevaarlike inligting en verskil oor hoe hulle hul mag moet gebruik, ontstaan ’n skeur tussen hulle.

Die rolprent het meestal swak resensies gekry. Rotten Tomatoes het dit 38 persent gegee en beskryf as “swaar op detail en melodrama, maar dit kort die vonk van die merkwaardige ware gebeure waarop dit gegrond is. The Fifth Estate dien meestal as ’n gemiddelde vertoonkas vir Cumberbatch se merkwaardige talent”. James Berardinelli van Reelviews.net het dit twee en­ ’n half sterre gegee. Hy skryf: “As ’n riller, is The Fifth Estate vreemd dooierig, met baie beweging maar min ware spanning.”

Die rolprentmaker Tyler Perry se kombinasie van sentimentaliteit en growwe humor is ’n aangeleerde smaak, maar as jy hou van sy tawwe matriarg, Madea, gaan kyk A Madea Christmas (10-12O TV). Toe Madea (Perry) instem om saam met haar vriendin ’n verrassingsbesoek op ’n dorpie af te lê,  word familiegeheime ontbloot. Die rolprent is nog nie uitgereik of aan resensente vertoon nie, dus is geen resensies beskikbaar nie. Tog kan ’n mens ’n voorspelling waag dat aanhangers dit behoort te geniet; die res moet liewer verbyhou.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>