GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 25-30 minute
Bak vir elkeen sy eie poedinkie.
BOLAAG
45 ml (3 e) botter, gesmelt
80 ml (¹⁄³ k) sagte bruinsuiker,
styf ingedruk
15 ml (1 e) rum
125 ml (½ k) gekapte makadamianeute, gerooster
6 vars of ingelegde pynappelringe
KOEK
300 ml koekmeel
250 ml (1 k) witsuiker
10 ml (2 t) bakpoeier
1 ml (¼ t) sout
160 ml (²⁄³ k) melk
60 g botter, by kamertemperatuur
1 eier
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- BOLAAG Giet die gesmelte botter in 6 ramekins of 6 holtes van ’n reuse muffinpan. Sprinkel die bruinsuiker, rum en neute oor die botter. Plaas ’n pynappelring boop die neute in elke holte en hou eenkant.
- KOEK Sif die meel, suiker, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Voeg die melk, botter, eier en vanielje by en klits 30 sekondes met ’n elektriese klitser teen lae spoed. Klits dan 2 minute teen matige spoed; skraap gereeld die kante van die bak. Giet die beslag boor die pynappelringe. Bak 25-30 minute in die voorverhitte oond of tot ’n toetspen wat in die middel ingesteek word, skoon uitkom.
- Laat 2 minute in die ramekins of muffinpan afkoel. Sny die kante versigtig los met ’n skerp mes en keer dan op ’n gelyk oppervlak om.
- Sit warm of by kamertemperatuur voor saam met geklitste room.