Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Appel-en-vark sosaties

$
0
0

Bekommerd dat sosatievleis nie eweredig gaar word nie? Maak dit dan in ’n riffelpan gaar voor jy dit aan die stokkies ryg.

Maak 6-8 sosaties
Bereiding: 5 minute
Marineertyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: 10 minute

125 ml (½ k) balsemieke asyn
60 ml (¼ k) suiker
sap van 1 lemoen
sout en peper
500 g varklende, in blokkies gesny
1 appel, in blokkies gesny
6 klein uitjies, gehalveer en kookwater oorgegiet

  1. Meng die asyn, suiker, sap, sout en peper in ’n bak.
  2. Voeg die varkvleis by en plaas ’n uur in die yskas.
  3. Laat week 6-8 sosatiestokkies in water.
  4. Plaas die vleis saam met die marinade in ’n kastrol oor matige hitte en laat die marinade afkook tot dit effens verdik.
  5. Ryg die vark, appelblokkies en uie aan die stokkies en braai sowat 5 minute in ’n riffelpan.
  6. Sit saam met bruinrys voor.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>