Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kate Winslet is swanger

$
0
0

 

Kate Winslet verwag haar derde kind. Dis haar eerste kind by haar man, Ned Rocknroll.

Die 37-jarige aktrise – wat ’n 12-jarige dogter, Mia, uit haar huwelik met die regisseur Jim Threapleton en ’n negejarige seun, Joe, uit haar huwelik met die regisseur Sam Mendes het – het bevestig sy verwag haar eerste kind by Ned.

’n Woordvoerder vir die egpaar het aan People.com gesê: “Kate en Ned is verheug.”

Die Oscar-wenner, wat in Desember in ’n geheime plegtigheid afgehaak het met Ned, wat familie is van sir Richard Branson, het al voorheen gesê sy wil graag minstens nog een kind hê.

In 2006 het sy in ’n onderhoud met InStyle gesê: “Ek weet nie of ek nog een of twee wil hê nie. Liewe hemel, ek sou graag meer wil hê.”

’n Bron het onlangs aan die tydskrif Star gesê Ned (34) wil bitter graag pa word. Die bron het gesê: “Kate weet hoe graag Ned wil pa word. Sy dink hulle sal die oulikste kind saam hê. Hulle wil teen die einde van die jaar swanger raak. Dit is haar hoofprioriteit dat hulle ’n kind saam moet hê.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!