Jennifer Love Hewitt (34) het bevestig sy verwag haar eerste kind by haar kêrel van die afgelope 15 maande, haar The Client List-medester Brian Hallisay (34).
Die paartjie het aan UsMagazine.com gesê: “Ons is opgewonde en bly om met ’n gesin te begin.”
’n Bron het gesê die aktrise is sowat drie maande swanger en kan nie wag om haar eersteling in die wêreld te verwelkom nie.
Die twee het voorheen saam gewerk aan die NBC-reeks Love Bites, maar het op die stel van The Client List weer in kontak gekom en verlede jaar begin uitgaan.
Jennifer het vroeër vanjaar erken sy het daaroor navrae gedoen om haar eierselle te bevries, want sy was ná ’n mislukte verhoudings met die musikant John Mayer en die akteurs Jarod Einsohn en Jamie Kennedy “bekommerd” sy bly dalk kinderloos.
’n Bron het voorheen gesê: “Sy het ’n paar vroue wat sy ken oor die bevriesing van eierselle uitgevra. Sy is bekommerd dat sy op die ou end ’n alleenloper sal wees, want nie een van haar verhoudings was al suksesvol nie.
“As haar verhouding met Brian misluk, kan sy steeds eendag ma word.”
Die aktrise het in die verlede geen geheim gemaak van haar begeerte om ma te word nie.
Sy het al gesê: “Ek is versot op babas en wil graag eendag babas hê.”