Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kim Kardashian ondergaan beenmurgtoets

$
0
0

 

Kim Kardashian het ingespring om haar niggie te help noudat dié dringend ’n beenmurgoorplanting moet kry.

Die werklikheidstelevisiester, wat volgende maand die lewe skenk aan haar eersteling, en haar ma, Kris Jenner, het kort video’s vir hul Keek-profiele gemaak wat wys hoe hulle speekselmonsters verskaf om te kyk of hulle geskikte skenkers is. Hulle het al verskeie beroepe gedoen ter ondersteuning van Cici, wat al 17 jaar lank teen kanker stry en van onlangs af nie meer op chemoterapie reageer nie.

Kim (32) het ook haar aanhangers aangemoedig om die toets te ondergaan. “Ons gaan kyk of ek ’n geskikte skenker is. Ek hoop julle ouens doen dit ook. Dis baie maklik. Dit net ’n wattetjie teen die wang,” het sy bygevoeg.

Kim se suster Kourtney (34) het in Februarie reeds ’n beroep op haar aanhangers gedoen om Cici te ondersteun.

Sy het op haar blog geskryf: “My niggie Cici het onlangs gehoor dat haar liggaam ná ’n stryd van 17 jaar teen kanker nie meer op die chemoterapie reageer nie. Sy het dringend ’n beenmurgstamseloorplanting nodig.

“Omdat Cici van Armeense afkoms is, moet sy beenmurg van ’n Armeense skenker ontvang. Dit beteken die poel van opsies is veel kleiner en sy sukkel om ’n geskikte skenker te kry. Ons vra dat enigeen van julle wat Armeens is of Armeense vriende of familielede het, dit oorweeg om as ’n beenmurgskenker te registreer met die hoop dat ons ’n geskikte skenker Cici kan opspoor en ons geliefde niggie nog baie jare gee om te lewe.”

Kourtney het verduidelik die proses om beenmurg te skenk is vinnig en verg nie chirurgie nie en voorgestel haar aanhangers besoek www.abmdr.am vir nog inligting.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>