Vergeet van Pacquiao en Mayweather, hierdie vyfjarige se ongelooflike gevegsvaardighede kan ons almal in die skande steek.
Op ’n gewilde YouTube-video boots Ryuji Imai van Japan Bruce Lee se bekende gevegstoneel na uit die rolprent Game of Death van 1972.
Op die video wat sy pa geplaas het, dra die vyfjarige ’n kindergrootte-weergawe van Bruce se ikoniese geel-en-swart sweetpak en swaai sy eie paar noentjakoes rond.
Die video is al meer as 5 miljoen keer gekyk sedert dit op 1 Mei gelaai is.
Ons sal nie met hierdie kind wil skoor soek nie!