Die woord “kanker” is genoeg om enigiemand hoendervleis te gee – dit maak nie saak of dit by jou gediagnoseer word en of jy tyding kry dat ’n familielid daaraan ly nie.
Leefstylfaktore, soos rook, drank en vetsug, kan ’n rol speel, so ook die toenemende hoër lewensverwagting. Solank jy gesond en aktief is, is die kans goed dat kanker voorkom kan word en dis onnodig om drastiese veranderings te maak.
Leefstylfaktore, soos rook, drank en vetsug, kan ’n rol speel, so ook die toenemende hoër lewensverwagting.
Die Wêreldfonds vir Kankernavorsing het ’n lys opgestel om te toon presies hoe eenvoudig dit is om veranderings ten opsigte van jou welsyn aan te bring. Die nuwe gids vorm deel van die “I CAN”-veldtog wat volgende week van stapel gestuur word. Hier is ’n klompie van die aanbevelings.
Skakel witbrood uit
Die nadele van witbrood, pasta en rys is al voorheen bespreek. Dis almal propvol koolhidrate, hou verband met cholesterol en bevat witmeel, wat baie min vesel bevat.
Wanneer jy dit verruil vir die volgraan-opsies, verhoog jy nie net jou inname van vesel nie, maar die rolletjies sal nie vermeerder om jou middel nie, want jy sal langer versadig voel. Hoe stabieler jou gewig is, hoe minder geneig sal jy wees tot kankersoorte, soos ingewandskanker, wat verband hou met vetsug. Om jou te wys hoe groot die verskil is: een sny witbrood bevat 1 g vesel, vergeleke by 2,5 g in die geval van volgraanbrood.
Gebruik speserye in plaas van sout
Dit is g’n wonder dat sout jou bloeddruk verhoog nie, maar het jy geweet dat, hoe meer van daardie wit goed jy inkry, hoe groter is die risiko dat jy maagkanker kan kry? Sout hou verband met beskadiging van die maagvoering en dit maak dit meer vatbaar vir siektes. Jy hoef nie sout heeltemal te vermy nie, maar in baie gevalle kan jy liewer jou kos ryklik besprinkel met jou geliefkoosde soort kruie of speserye, en jy kry dieselfde geurvoordeel. Met so baie soorte, soos rissies, knoffel en gemmer, hoef jy nie net by een soort te hou nie. Swartpeper is ook ’n baie goeie keuse. Maak dus seker dat dit deel is van jou speseryvoorraad.
Eet minder vleis
Dit geld vir die vleiseters onder ons – ja, in klein dosisse kan dit heilsaam wees, maar te veel rooivleis kan tot ingewandskanker lei. Dit is die saamgestelde heem wat in die vleis voorkom en wat dit die rooi kleur gee, wat blykbaar die voering van die ingewande kan beskadig. Selfs verwerkte vleissoorte, soos spek en ham, is hieraan skuldig.
Nog ’n gevaarsone is die rook waarmee die vleis behandel word. Die preserveermiddels wat gebruik word, verhoog die gevaar verder. As jy vleis een (of meer, as jy ook van groente hou) dag per week uitskakel, verlaag jy die risiko’s én jy verbeter jou algemene gesondheid.
Bly aktief
Dié een is maklik – die “I CAN”-veldtog spoor mense aan om so veel moontlik te beweeg. Jy kan byvoorbeeld rondstap terwyl jy oor die telefoon praat, jy kan die meeste nut uit huishoudelike take haal (rek, bly op jou voete) en jy kan elke aand gaan stap, selfs al is dit net vir 25 minute.
© Cover Media