’n Japannese dieretuin het kwaai onder skoot gekom nadat hulle een van hul apies Charlotte gedoop het ter ere van die prinses van Cambridge.
Japanese zoo apologizes for naming a newborn monkey after Princess Charlotte http://t.co/ZUML8yGU64 pic.twitter.com/6nxTJXvjT1
— Metro News Canada (@MetroNewsCanada) May 7, 2015
Die Japannese makaakaap is ’n dag ná die prinses gebore en die dieretuin het die publiek uitgenooi om vir die naam te stem. Die naam Charlotte was verreweg die gewildste keuse.
Die dieretuin kies nou ‘n nuwe naam vir die apie.
Die dieretuin is kort nadat hul die naam bekendgemaak het, oorval met oproepe en e-posse van mense wat aandring daarop dat dit verander word.
Die ontstoke klaers het die die dieretuinbeamptes gevra hoe hulle sou gevoel het as ’n Britse apie na een van die Japannese koninklikes vernoem moes word.
Die dieretuin kies nou ‘n nuwe naam vir die apie.
Bronne: english.kyodonews.jp, Daily Mirror