’n Nuwe skelmstreek waar mense hulself voor karre ingooi en die bestuurder dan afpers vir geld, steek kop uit in China.
’n Sekuriteitskamera het een so ’n voorval vasgevang. Polisie het die saak ondersoek en gesien dat die man baie lank gewag het op ’n motor voor hy voor die voertuig ingespring het.
Talle soortgelyke voorvalle is onlangs in China aangemeld en bestuurders het nou kameras op hul paneelbord begin installeer.
Kyk hier na die skokkende video:
Bronne: YouTube, Daily Mirror, 9ijanews.com