Brittanje se prinses Charlotte se ouma prinses Diana sal haar inspireer, sê die oorlede koninklike se gewese privaat sekretaris.
Diana se seun prins William en sy vrou, die hertogin van Cambridge, het hul tweede kind Saterdagoggend in die wêreld verwelkom. Sy is prinses Charlotte Elizabeth Diana genoem, met haar derde naam ’n eerbetoon aan William se oorlede ma. Diana se voormalige privaat sekretaris het nou gepraat oor hoe belangrik die besluit is.
‘Dit kan net goed vir die stand van die koningsgesin wees om te vind die Diana-verhaal gaan voort en die Diana-naam word geëer, want sy word vandag nog wêreldwyd gerespekteer en bemin.’
“Ek is seker dit sal ’n inspirasie vir die jong prinses wees terwyl sy groot word en vrede maak met haar eie koninklike pligte, want haar oorlede ouma se voorbeeld sal baie moeilik wees om te oortref,” het Patrick Jephson aan People gesê.
“Dit kan net goed vir die stand van die koningsgesin wees om te vind die Diana-verhaal gaan voort en die Diana-naam word geëer, want sy word vandag nog wêreldwyd gerespekteer en bemin.”
Die prinses van Wallis se voormalige lyfwag Ken Wharfe het ook op die naam kommentaar gelewer. Hy meen dis simbolies van hoe graag William sy ma se nagedagtenis wil laat voortleef.
“Dit is ’n mooi manier om te sê: julle kan my ma nie uit die koninklike geskiedenis vee nie,” het hy aangevoer. “Ek is seker daar is dele van die familie wat wens dit moet stil wees, maar William het die leiding geneem om te sorg sy ma word steeds onthou. Dis ’n treffende daad.”
Patrick het bygevoeg Diana – wat ook die ma van William se broer, prins Harry, is, maar in 1996 van haar seuns se pa, prins Charles, geskei is – wou altyd ’n dogter gehad het. Sy was bekend vir haar toewyding aan liefdadigheid voor haar dood in ’n motorongeluk in 1997 in die ouderdom van net 36 jaar.
William en Catherine is ook die ouers van prins George, wat in Julie twee word. Hulle het Charlotte se geboorte vroeër geregistreer en William se ouma koningin Elizabeth II het ook die baba in die Kensington-paleis ontmoet.
© Cover Media