Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

72-jarige vrou jaag handsakgrypers

$
0
0

“Julle gaan dit nie aan my doen nie,” het ’n 72-jarige vrou aan twee diewe gesê toe hulle probeer om haar handsak te gryp – en sy het terugbaklei. Hulle het beslis meer gekry as wat hulle verwag het.

Ná ’n goed gemikte skop in die maag van een van haar aanvallers én ’n jaagtog te voet teen ’n redelik hoë spoed deur die stil strate van St. James in Kaapstad, het Yvonne Viljoen Maandag daarin geslaag om te verhoed dat twee “nogal beleefde” skelms wegkom met haar waardevolle besittings.

Viljoen het aan News24 vertel dat sy Woensdag om 16:00 in die rigting van Boyesrylaan gestap het vir ’n saamrygeleentheid met ’n vriendin omdat haar motor by die motorhawe was om versien te word.

Sy moes ’n klompie trappe uitklim om by hul bymekaarkomplek uit te kom. Dit was nie moeilik nie, aangesien sy, haar ouderdom ten spyt, nog kan fietsry, swem en met haar honde gaan stap, het sy verduidelik.

So in die hardloop het ek besef dat ek nie sou weet wat om te doen as ek hulle vang nie.

“Toe ek aan die einde van die wandelpad kom, kyk ek op en sien twee goed geklede jong manne wat op pad was ondertoe. Aangesien die trappies taamlik nou is, het ek besluit om te wag dat hulle verbykom,” vertel sy.

Een van die manne sê toe vir haar sy kan maar kom, want daar is genoeg plek vir hulle al drie om by mekaar verby te kom.

“Toe ons, halfpad teen die trappe op bymekaarkom, stop een van die kêrels my. Hy sê vir my ek moenie bekommerd wees nie, vat aan die halssnoer om my nek en vra ewe beleefd: ‘Wil jy dit nie maar vir ons gee nie?’

“Toe wys hy na my handsak en vra of ek sal omgee om dit te oorhandig. Ek antwoord toe: ‘O nee! Julle gaan dit nie aan my doen nie.’”

Daarna het een van dier mans haar handsak se band gegryp en daaraan begin trek.

“Maar ek klou vir al wat ek werd is en skree: ‘Dis myne!’

“Toe skop ek hom in die maag, maar ongelukkig nie hard genoeg nie. Hy verloor vir ’n paar oomblikke sy balans, herstel, gryp my handsak en hardloop weg.”

Volgens Viljoen het sy dit aanvanklik oorweeg om die mans maar te laat wegkom, maar toe besluit “eintlik wil ek daardie sak hê.

“Ek begin roep toe om hulp en sit hulle agterna. Ek het my stapskoene aangehad; dus was hardloop nie ’n probleem nie. So in die hardloop het ek besef dat ek nie sou weet wat om te doen as ek hulle vang nie. Ek het nietemin aanhou hardloop. ”

Sy gewaar later die twee waar hulle in ’n nou gangetjie by ’n ry motorhuise probeer wegkruip.

“Ek loop hulle toe by en vra my eiendom terug. Daarop gryp ek die handsak se band en ons raak in ’n toutrekkery betrokke. Ongelukkig het hy gewen en die twee hardloop in die rigting van die Hoofweg,” het sy voortgegaan.

Viljoen besluit toe om weer die twee agterna te sit.

“Langs die pad gewaar ek my bure se seun en skree vir hom wat gebeur het. Die twee was op pad na die St. James-stasie en hy sit hulle agterna, terwyl ek die agterhoede dek. ”

Toe sy oor Hoofweg hardloop, trek ’n motoris sy motor van die pad af en sluit hom by die jaagtog aan.

“’n Groep mans, wat besef het wat gebeur, sien toe die twee en beduie vir ons dat hulle in die baaihokkies wegkruip. My bure se seun en die motoris trek hulle daar vas, gee hulle ’n goeie skrobbering en vertel hulle hoe lelik dit is om ou dames te beroof. ”

Daarna oorhandig een van die diewe die handsak met ’n gemompelde verskoning.

“Ek was maar net te bly om die handsak, met alles wat daarin is, terug te kry. Ek wou beslis nie my besittings sommerso prysgee nie,” het sy gesê.

Mountain Men, ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy, het toe die twee verdagtes na die Muizenberg-polisiekantoor gebring waar hulle weens roof aangekla is.

“Jy word altyd aangemoedig om nie weerstand te bied as jy bedreig word nie, maar ek wou nie ’n slagoffer wees nie. Ek wil veilig voel in my omgewing, rondloop waar ek wil en nie bang wees dat rowers my konfronteer nie.

“Ek dink hulle het hul les geleer. Hulle sal in die toekoms moontlik twee keer dink voor hulle ouer mense teiken.”

News24

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>