- Genoeg vir 24 MENSE
- Bereiding: 30-40 minute
- Gaarmaaktyd: 2 uur
SPINASIEVULSEL
45 ml (3 e) olyfolie
250 g spek, fyn gekap
3 klein preie, fyn gekap
6 knoffelhuisies, fyn gekap
250 g sampioene, fyn gekap
500 g spinasie, fyn gekap
15 ml (1 e) suurlemoensap
60 ml (¼ k) suurroom
150 ml vars broodkrummels
1 eier, geklits
6 ml (ruim 1 t) sout
3 ml (ruim ½ t) swartpeper
VLEIS
2 lamsblaaie, ontbeen en
oopgevlek
15 ml (1 e) sout
7 ml (1½ t) swartpeper
20 ml (4 t) kookolie
30 g botter
1-1½ liter (4-6 k) droë witwyn
7 ml (1½ t) gedroogde basilie
4 lourierblare
30 ml (2 e) meel
Bruinsouspoeier
- SPINASIEVULSEL Verhit die olie in ’n pan en braai die spek, preie, knoffel en sampioene ’n
- paar minute.
- Skep die vulsel uit die pan en roer die spinasie, suurlemoensap, suurroom, broodkrummels, eier, sout en peper by en meng goed.
- VLEIS Plaas die vleis met vetkant na onder op ’n skoon werkoppervlak en geur met van die sout en peper.
- Smeer die spinasievulsel op die vleis en rol die blad op. Bind dit met tou vas.
- Verhit die olie en botter in ’n swartpot en braai die vleis op warm kole tot goudbruin. Geur met sout en peper.
- Voeg die witwyn, basilie en lourierblare by en sit die deksel op. Krap van die kole uit en laat sowat 2 uur op matige kole prut of tot sag en geurig.
- Skep die vleis uit en laat 10 minute rus.
- Meng die meel en souspoeier met koue water en roer by die pansappe. Roer tot gemeng en laat prut tot dik.
- Sny die vleis in skywe. Sit voor saam met sous.
WENK
Op kole: Verbruin op warm kole. Bedek met tinfoelie en braai stadig tot gaar op hoë rooster.