Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.
18:30 7de Laan (SABC2): Brenda P. loer by Paula in. Sal sy haar sondes erken? Diederik hou nie van die idee dat Bernard en Petro uitgaan nie. Sal Lynette haar reputasie herstel.
18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.
18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.
19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa voel ongemaklik met haar erfenis en Zadie kannie hoor wat sy glo nie. Ivanka hoop haar besoeker keer weer terug en ’n geheime besoek lok ’n aantal vrae uit.
20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.
20:30 Arrow (M-Net): Die reeks volg die lewe van Oliver Queen wat Starling City se Green Arrow word.
21:00 The Mask of Zorro (e.tv): Die ouer Zorro kom weer uit sy aftreeding uit om die nuwe Zorro op te lei sodat hy hul vyand, Montero, kan verslaan.
21:30 Jou Show (kykNET): Bouwer Bosch kuier in die ateljee. Koekedoor se Mari-Louis Guy vertel staaltjies vanuit die reeks en neem vir Wicus deur die mooie Tulbach. Pietie Beyers vertel oor Varsgedruk en sy lewe as akteur.
22:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.