Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 1 Mei 2015

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:
Dit beloof om ’n besige jaar te wees. Jy sal baie doen en goed vorder. Jy moet die voor die hand liggende reëls volg.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie persone is bedagsaam, konserwatief en verstandig. Hulle sal vooruitgaan in die lewe en poste beklee waar vertroue en verantwoordelikheid ’n groot rol speel. Hulle is versigtig en op die besonderhede van sake en finansies ingestel.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jy het goeie sterre vir jou beroep. Iets gebeur wat meer geld, en minder werk en verantwoordelikheid vir jou beteken. Dit sal dalk eers volgende week ’n werklikheid word, maar jy het nou al so lank gewag dat dit nie sal saak maak om nog ’n bietjie te wag nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Jy besluit om die lewe uit ’n ander hoek te benader omdat jy die waardes wat jy nou al lank het, begin bevraagteken. Die goeie nuus is, daar is iemand wat jou kan help, iemand wat vir jou omgee.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Dis ’n goeie tyd om sake agtermekaar te kry, veral besigheid wat lankal draal. Met hierdie sterre kan ’n nuwe lewensbeskouing goed wees en jy weet wat sê hulle oor goeie dinge. Jy is vandag baie produktief.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Die een of ander hindernis is uit jou pad en jy het die geleentheid om iets te doen wat jy graag wil. Dit het met reis of dalk ’n kommunikasiemiddel te doen. Kan dit beteken jy kry ’n nuwe slimfoon?

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Jy het goeie sterre vir geldsake. Dis net op ’n klein skaal terwyl jy die koste van die naweek bereken en uitwerk hoeveel geld jy uit jou spaarrekening moet onttrek vir die volgende paar dae. Moenie suinig wees nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Goeie sterre skyn op jou. Jy maak dit dalk nie tot bo met hierdie invloede nie, maar jy sal met iets begin wat op die ou end ’n groter sukses is as wat jy gehoop het. Gryp die geleentheid aan, Weegskaal!

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Gebeure uit die verlede hou jou gedagtes besig. Jy sal situasies teëkom wat soortgelyk is aan dié wat jy ’n ruk gelede so dapper oorkom het. Is daar nog oorwinnings?

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Dis die begin van ’n nuwe maand. Moenie vergeet om te wens nie – jy kan doen met ’n bietjie goeie geluk. Jy het goeie sterre om saam met vriende te wees. Probeer ’n kuier ná werk reël.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Jy het goeie sterre vir werk en aansien en jy sal dol wees daaroor. Iemand wat baie van hulself dink, besing jou lof. Dit stel jou in ’n positiewe lig by jou base.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Jy het goeie sterre vir verhoudingsake; nie intieme verhoudings nie, maar vriendskappe en verhoudings met kollegas, veral mense op ver plekke. Dit sal jou voete laat jeuk.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Vandag is daar goeie sterre vir geldsake, veral gesamentlike rekenings. Jy sal nie teen vanaand ryk wees nie, maar sal ’n paar probleme oplos wat jy laat ophoop het. Jy sal een of twee rekenings afbetaal.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Jy het goeie sterre vir intieme verhoudings. Iemand is besonder gaaf met jou en dinge gebeur. Of is dit andersom dat jy baie vriendelik met iemand is en die vrugte daarvan pluk?


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>