Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Maklike rosyneballe

$
0
0

Lewer sowat 30 rolletjies
Bereiding: sowat 30 minute
Staantyd: sowat 1 uur
Baktyd: sowat 15 minute

sowat 500 g brooddeeg
100 ml sagte bruinsuiker
125 ml (½ k) rosyne
3 ml fyn kaneel
1 ml wonderpeper
30 g botter, gesmelt
½ k versiersuiker, 2 t suurlemoensap
en 2 t kookwater vir die sous

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot bakplaat.

  1. Laat die deeg sowat 20 minute rys en knie dit op ’n meelbestrooide werkoppervlak af.
  2. Rol die deeg in ’n groot reghoek (sowat 20 x 45 cm) uit en versprei die bruinsuiker, rosyne, kaneel en wonderpeper oor die uitgerolde oppervlak.
  3. Rol die deeg in die lengte op (soos ’n rolkoek) en sny dit in stukke van sowat 1 cm dik.
  4. Pak die rolletjies op die gesmeerde bakplaat en laat rys sowat 20 minute.
  5. Smeer die rolletjies met botter en bak 15 minute of tot gaar.
  6. Meng die sousbestanddele en drup dit bo-oor.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>