Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vinnige chakalaka-hoender

$
0
0

Yolande de Bohmer het hierdie maklike hoenderresep vir ons gestuur. Dis ’n ideale resep as daar ’n jongeling in die huis is wat wil begin leer hoe om kos te maak.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 40-45 minute

1 kg hoenderporsies (dytjies en boudjies)
sout en vars gemaalde swartpeper
1 blik (410 g) chakalaka
125 ml (½ k) goeie mayonnaise of slaairoom
5 ml (1 t) bruinsuiker
125 ml (½ k) melk of natuurlike jogurt
60 ml (¼ k) koekmeel
150 ml hoenderaftreksel

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Spuit ’n bak met kossproei.

  1. Geur die hoender met sout en peper en pak dit in die bak.
  2. Meng die res van die bestanddele en giet bo-oor.
  3. Bak 40-45 minute tot gaar en goudbruin.
  4. Sit voor met jasmynrys en ’n avokadoslaai.

Avokadoslaai: Plaas ’n paar gaar aspersies op ’n bord met avokadoskywe bo-op, sprinkel gekapte mentblare bo-oor, druk lemmetjies bo-oor uit, drup ’n bietjie olyfolie oor en sprinkel sout oor.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>