Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
Die sterre hou vrolikheid vir vanjaar in. Hierdie sterre sal meebring dat jy stadig maar seker na die kruin beweeg waar jy kan ontspan. Jy sal belangrike dokumente onderteken wat jou verbind tot ’n sekere verloop van sake. Vanjaar is daar nie veel om oor bekommerd te wees nie.
BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie persone is slim en reageer vinnig. Hulle het ’n skerp verstand en kan op akademiese gebied sukses behaal. Hulle is goeie skrywers en praters, en kan tale maklik aanleer. Hulle reageer vinnig op nuwe idees en vernuwing.
BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jou sterre kan woede meebring. Met hierdie sterre is dit dalk ’n goeie idee om mense wat jou irriteer te vermy. Ongelukkig is dit dalk nie vandag so maklik as op die meeste Saterdae nie.
TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Daar sal onenigheid oor geldsake wees. Gewoonlik wanneer ’n mens hierdie sterre het, vind jy uit jy moet meer betaal vir items waarvoor ten volle gekwoteer is. Soms moet ’n mens maar net betaal en stilbly. Jy kan volgende week sê hoe jy voel.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Iemand sal jou vra om iets vir hulle te doen en jy sal dit doen of minstens probeer. Ongelukkig val dit buite jou veld van kundigheid en dus sal dit meer tydrowend wees as wat jy verwag het.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Vandag sal dit beter wees om jou te onttrek of minstens na ’n plek te gaan waar jy nie hoef te sosialiseer en vriendelik wees met mense wat jou irriteer nie. Dit lyk of dit die afgelope tyd nogal baie gebeur het.
MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Vandag is daar goeie sterre vir sake wat vriende behels, veral vriende van die teenoorgestelde geslag. Daar is ook goeie sterre om kuier saam met interessante mense te kuier. Jy sal dink aan gebeure lank gelede.
WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Dit lyk of jy iets wen. Dis nie baie groot nie, maar sal jou ’n effense hupstoot gee. Dalk neem jou hond of kat aan ’n soort vertoning deel en palm ’n prys of twee in. Daar is goeie omstandighede vir geluk.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Wees versigtig wanneer jy gevaarlike toestelle hanteer. Die sterre wat jy vandag het, kan klein snye of skrape meebring. Werk op ’n veilige manier met warm of skerp gereedskap. In die namiddag is die omstandighede goed om take af te handel.
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
As jy inkopies gaan doen, neem net die geld wat jy nodig het saam en maak ’n punt daarvan om nie jou beursie of persoonlike besittings te laat rondlê op winkeltoonbanke of die tafel as jy ’n koppie koffie drink nie. Kyk, maar moenie koop nie – nog nie.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Daar is goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Vir ’n rukkie sal die atmosfeer gespanne wees, maar dan sal dit kalm word en alles sal na jou toe kom. Daar sal gesprekke oor babas en nuus van ’n swangerskap wees.
WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
As jy effens olik gevoel het toe jy opgestaan het, kan jy jou sterre blameer. Wel, jy kan jou sterre hoofsaaklik blameer, maar vir die res kan jy jouself die skuld gee. Moenie besorgd wees nie, Waterdraer, jou omstandighede sal binnekort verbeter.
VIS (20 Feb.-20 Mrt.)
Met die maan in jou hoek vir liefde en romanse moet daar goeie omstandighede vir hierdie deel van jou lewe wees. Soms is dit die beste om daardie dromerigheid van die Vis af te skud en vir mense te sê wat jy uit die lewe wil hê.
RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Jy het vandag ongewone sterre. Dit lyk asof hierdie sterre een ding laat eindig sodat ’n ander kan begin. Daar sal ook interessante ontmoetings wees. Ou vriende sien mekaar weer.