Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 27 April 2015

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:
Jy het uitstekende sterre. Hierdie sterre sal materiële en emosionele voordeel vir jou inhou. Jou status verbeter en jy kry geld. Jy kan selfs beduidend in loterye of gelukkige trekkings wen. Koop dus gereeld loterykaartjies.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mense het op baie gebiede ’n voorsprong. Hulle is mooi kinders en sal selfs aantrekliker wees wanneer hulle volwasse is. Hulle het ’n aangename persoonlikheid en sal baie voordele geniet omdat mense van hulle hou. Hulle is vriendelike mense.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Daar is goeie sterre vir huissake. As jy dit oorweeg om die gemak of waarde van jou huis te verbeter, veral laasgenoemde, is dit nou ’n goeie tyd om te begin. Dis ’n tyd om groot te dink.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Dit lyk asof jy meer as gewoonlik rondhardloop, maar jy gee nie om nie. Dis ’n nuwe dag en week, en daar is sake wat by jou behendigheid sal baat vind. Daar sal baie kontak met familie wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Vandag is die omstandighede goed vir geldsake. Die goeie nuus is daar is meer geld in jou rekening as wat jy gedink het. Wat ’n lekker manier om die week te begin! Dit beteken nie jy kan dit op onnodige goed verkwis nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
’n Gevoel van tevredenheid sal oor jou spoel. Dat dit aan die begin van die week gebeur, is ’n welkome verandering. Die gevoel sal waarskynlik tot gevolg hê dat jy goeie idees vir uitbreiding kry.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Iets wat jy ’n ruk gelede gesê of doen het, kom terug met slegte gevolge. Dis nie te ernstig nie, want daar sal lof wees van die mense wat geraak word. Daar is geseënde ontmoetings.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Jy wil vandag vriende en kennisse kontak. Dis onduidelik hoekom jy hierdie mense wil nader, maar omdat dit jou elfde hoek behels, gaan dit waarskynlik daaroor om iets te kry wat jy baie graag wil hê.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Met die sterre wat jy nou het, is dit byna seker dat jy ’n gelukkige dag sal beleef. Niks is ’n probleem nie. Moet dinge net nie laat handuit ruk nie, anders kan dit wat nie ’n probleem is nie, skielik een word.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Die klem val op lang afstande. Of jy doen besprekings om na die een of ander ver plek te reis of iemand van ver laat weet jou hulle kom kuier. Dit klink goed en sorg vir vrolike tye.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Jy het vandag goeie sterre vir gesamentlike geldsake. Ek sê nie hierdie sterre sal jou die een of ander wedstryd laat wen nie, maar dit lyk asof daar ’n klein hupstoot sal wees wat jou net kan help. Jy kyk na ’n paar duur items.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Die goedgunstige Jupiter is in jou hoek vir intimiteit. As jy gelukkig genoeg is om nie op hierdie openbare vakansiedag te werk nie, kan jy ten volle voordeel daaruit put.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Die werk wat jy vandag doen, sal van groter omvang as jou gewone take op Maandae wees. Dis goed so, want dit gee jou die geleentheid om die Vis se uitstekende brein in te span om jou belangstellings en ervaringswêreld uit te brei.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Sterre vir ’n gelukskoot skyn in jou rigting. Dis nie duidelik wat presies sal gebeur nie, maar ’n gelukskoot kom na jou kant toe. Dit alles sal gebeur omdat die gelukbringer Jupiter aktief is in jou hoek vir die liefde en romanse. Is dit ’n dag vir romanse?


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>