Dit klink soos iets uit ’n gruwelfliek – toe dokters ’n operasie uitvoer om ’n gewas uit ’n vrou se brein te verwyder, het hulle groeisel gevind wat hare, tande en been bevat.
Woman has 'evil embryonic twin' with teeth, hair and bone removed from brain http://t.co/ZATHIGGM5m pic.twitter.com/qtneBIou7t
— The Independent (@Independent) April 24, 2015
Yamini Karaman, ’n doktorsgraadstudent in Amerika, het verlede September die eerste keer besef daar is iets fout met haar. Sy het gesukkel om gesprekke te volg en het aan kwaai hoofpyn, moegheid en vergeetagtigheid gely. Later kon sy nie lees of loop nie en het sy selfs gesukkel om te eet.
Die groeisel was nie net ’n gewas nie, maar ’n teratoom, ’n soort gewas met tande, been en ’n klos hare.
Haar dokters het ontdek die oorsaak van haar simptome is ’n gewas aan haar brein se pineaalklier. Toe hulle chirurgie uitvoer om dit te verwyder, het hulle ’n verstommende ontdekking gemaak. Die groeisel was nie net ’n gewas nie, maar ’n teratoom, ’n soort gewas met tande, been en ’n klos hare.
Teratome is vermoedelik ’n tweeling wat nie ten volle in die baarmoeder ontwikkel nie en in die oorlewende tweeling se liggaam geabsorbeer word.
Yamini se teratoom is suksesvol verwyder en sy sal na verwagting ten volle herstel. Sy noem die gewas haar “bose tweelingsuster wat my die afgelope 26 jaar gemartel het”.
BRONNE: dailymail.co.uk, nbclosangeles.com, gawker.com, washingtonpost.com