Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 23 April 2015

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:
Jy het vanjaar goeie sterre vir vooruitgang, maar wees bewus daarvan dat jy geneig is om oorhaastige afleidings en onnodige opmerkings te maak wat jou aan mense se verkeerde kant kan laat beland. Jy het ’n begeerte om “van alles af weg te kom”.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie persone het goeie verstandelike vermoëns, maar kan ’n bietjie te impulsief vir hul eie beswil wees. Hulle het ’n skerp verstand en is vindingryk en opbouend. Hulle moet heeltyd besig bly, verkieslik deur iets te skep.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Dis ’n besige dag. Jy het meer om te doen as wat jy gemaklik kan hanteer. Dis nie ’n probleem nie, maar daar word ál meer op jou skouers gelaai. Dit wys hoe die werkesels misbruik word. Probeer ’n bietjie terughoudend wees.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Daar is baie om te doen, maar dis hoofsaaklik omdat iemand ’n fout begaan het. Jy word afgevaardig om dit reg te stel. Die fout is al geruime tyd gelede begaan deur iemand wat van beter behoort te weet, maar dit help jou nie nou nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Daar sal goeie nuus van, oor of deur ’n vriend wees. Dit sal jou nie nou raak nie, maar jy sal kan insien hoe dit jou in die toekoms sal raak en jy wonder wat jy kan doen om dinge vir jouself beter te maak.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Daar sal van jou verwag word om bykomende verantwoordelikheid te aanvaar. Ekstra verantwoordelikheid is nie vreemd vir die Leeu nie. Maar jy begin wonder of jy ernstige veranderings aan jou werk en werketiek moet maak.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Vandag is daar baie opwinding oor reissake. Vir party Maagde is die rede hiervoor dat jy oorgehaal is om ’n reis te onderneem wat jy al lank wil. Kan dit wees dat jy na die een of ander vreemde plek op pad is?

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Die slegte nuus is jy kry ’n rekening wat jy nie verwag het nie of as jy dit verwag het, het jy nie gedink dit sal so groot wees nie. Dit lyk asof jy dit maar net sal moet vereffen, maar dis hoekom ’n mens ’n spaarrekening het. Dis nogtans jammer dat jy van jou spaargeld moet gebruik.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Jy het goeie sterre vir die huwelik of intieme verhoudings. Ek sê nie vandag is net maanskyn en rose nie, maar daar sal goeie oomblikke wees – tye wanneer jy bly is jy is jy. Jy voel vandag gelukkig.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Dis ’n besige dag. Selfs al probeer jy jou uit die gebeure om jou hou, word jy daarby betrek. Iemand is nie tevrede met hoe sake verloop nie en stippel dit vir jou uit.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Jy het goeie sterre vir die liefde en romanse. Hierdie sterre sal dalk nie veel teerheid meebring nie, maar op hierdie oomblik sal jy tevrede wees met wat ook al die dag inhou. Van die gelukkiger Steenbokke sal op ’n klein skaal wen. Dis net ’n klein wen.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Iets kom eindig. Hierdie einde is wat jy wou hê, maar wanneer die stof gaan lê, sal jy besef jy het jou misreken en moet aanpassings maak. Waterdraers is goed daarmee.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Dis ’n besige dag met heelwat beweging en baie gepraat. Iemand laat die mense om hulle weet hulle is glad nie beïndruk deur die lewe nie en wil die mense om hulle ook ongelukkig maak. Moenie dat swartgallige mense jou beïnvloed nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Jy sal jou geldsake ernstig beskou. Dit kan wees omdat daar onenigheid oor geld is. Soms sal die sterre wat jy het, meebring dat jy ’n finale rekening kry wat baie groter is as wat die aanvanklike ooreenkoms was.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>