Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Donderdag 23 April 2015

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Almal probeer Vicky oortuig Liam is onskadelik, maar Vicky weier om dit te glo. Marius voel bedreig deur die aandag wat Carina aan Liam gee en Kotie rig ’n versoek aan’n versoek aan Gerhard wat hom onseker laat voel.

18:30 7de Laan (SABC2): Dali is nie beïndruk met Nthabi se nuus nie. Sal hulle die verhouding kan red voordat dit te laat is? Willam hou sommer baie van die meisies in Hillside.

19:30 Binnelanders (kykNET): Leon se lot word bepaal, en daar ontstaan ’n ongemaklike situasie by Tonik oor die nuutste aanstellings. Gustav besluit om Wimpie ’n les te leer, en Jana probeer uitvind wat op die myn gebeur het. Zadie is verward oor Nick se gemengde boodskappe, en Gustav beskuldig topbestuur van nepotisme.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Vikings (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks wat die Noorse held en sy Viking-broers volg.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kuier saam met die musiekgroep Anders op die MSC Opera tydens ’n onlangse bootvaart. Hannes praat met die rugbyspeler Heinrich Brüssow in Bloemfontein en dan is ons op die stel van French Toast.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): Hierdie uitdaging herroep die herinneringe van verjaarsdagpartytjies met al die lekkergoed, uitbundigheid en kinders dol van al die soet, speletjies en geskenke. Gemmerbroodmannetjies lui die partytjie in en dan: Die verjaarsdagkoek – die hoogtepunt van die kinderpartytjie. Vir hierdie uitdaging trek elke Koekedoor ‘n geliefde tv-karakter uit kinderdae en maak ‘n partytjiekoek volgens die tema.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>