’n Fassinasie met die Star Trek film- en televisiereeks is tot ’n nuwe vlak gevoer toe die ruimtereisiger Samantha Cristoforetti (37) ’n selfie uit die ruimte in uitrusting in die Star Trek: Voyager-styl geneem het.

Samantha is tans aan boord van die Internasionale Ruimtestasie en op ’n foto wat sy op 17 April op Twitter geplaas het, sien ’n mens haar in ’n pers polonektrui en rooi-en-swart oorpak. Sy wys met haar duim na SpaceX se ruimtekapsule, die Dragon, wat voorraad na die ruimtestasie bring.
In die tweet sê sy: “There’s coffee in that nebula . . . ehm, I mean . . . in that #Dragon.”
In die tweet sê sy: “There’s coffee in that nebula . . . ehm, I mean . . . in that #Dragon.”
Die woorde verwys na een van die eerste Star Trek-episodes, waarin Kathryn Janeway, kaptein van die USS Voyager, dit sê. Sy was bekend vir haar liefde vir swart koffie.
Boonop het die voorraad op die Dragon die eerste ruimte-espressomasjien ingesluit. Voorheen was daar slegs kitskoffie aan boord van die ruimtetuig.
Samantha is die eerste Italiaanse vrou wat in die ruimte reis.
Bron: Space.com; Twitter.com