Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
Jy het goeie sterre vir vanjaar. Jou liefdesterre skyn helder en mooi. Pragtige dinge gebeur. Dis ’n tyd waarin jy liefhet en jou liefde beantwoord word. Jy maak blywende veranderings.
BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie persone is dalk te ernstig, maar het ’n slim humorsin. Hulle is geneig om alleenmense te wees wat hul eie geselskap pleks van dié van hul portuur verkies. Hulle is flukse werkers.
RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Al is dit Vrydag wil jy met iets begin wat heel vreemd vir jou is. Dit is riskant, want die meeste mense verstadig hul pas ter voorbereiding op die naderende naweek. Hulle sal jou dus nie wil help nie.
BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jy verras jouself en dit gebeur nie sommer nie. Jy vlieg deur werk wat gewoonlik vir jou swaar en vervelig is. Die vreemde ding is, wanneer jy hierdie take verrig, doen jy dit beter as gewoonlik.
TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Dis ’n dag om te doen waarvan jy hou, solank jy nie daarvoor in hegtenis geneem word nie en die baas nie omgee dat jy nie by jou lessenaar is nie. Vanaand hou iets in waarop jy gewag het.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Jou gedagtes is by jou werk of loopbaan. Of jy dit wil weet of nie, jy is by ’n keerpunt in jou loopbaan. Wat jy nou moet doen, is om jou visier hoër te stel en jou spesiale doelwitte na te streef. Dis die flukses wat sukses behaal.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Dis ’n goeie dag om aan van daardie take te werk wat jy al te lank opsygeskuif het omdat dit moeilik is. Begin daarmee en jy sal verbaas wees hoe maklik alles in plek val. Tyd verander alles.
MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Jy het dit reggekry om sover deur die week te kom sonder groot katastrofes en te oordeel na die sterre, sal dit so bly tot vanaand. Moet nog nie jou waaksaamheid verslap nie. Van die hand na die mond val die pap dikwels op die grond.
WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Toe jy vanoggend opstaan, was jy seker nog ’n aaklige dag lê voor, maar jy was verkeerd. Jy het tans baie goeie sterre, veral as jy kies om te werk saam met iemand wat jou simpatiekgesind is.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Met die sterre wat jy vandag het, sal jy agterkom dit gaan heel goed met jou werk. Dit ondanks die feit dat dit die laaste dag van die werkweek is en die druk groot is om alles voor die naweek af te handel.
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Iemand kla oor hoe hulle verwaarloos of onregverdig behandel is, maar jy weet van beter. Dit sal nie maklik wees nie, maar jy moet jou woorde tel en aanhoor hoe hulle uitvaar. Kyk uit vir probleme weens onoplettendheid.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Plesierige aktiwiteite gebeur om jou, maar jy is te besig met minder belangrike dinge om dit raak te sien. Klein diertjies sal effense ongerief veroorsaak. Dalk moet Wagter of Kietsie hul jaarlikse inspuitings kry.
WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Jou sterre is goed, maar jy sal waarskynlik sake bederf deur mense te hard te benader of hulle nie die nodige ruimte te gun nie. Dis vir jou maklik om empatie te betoon. Vra jou af hoe hulle voel.
VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Iets wat jy wou hê, sal eindelik gebeur, maar jy sal voorbereid moet wees om met nuwe projekte te begin en vindingryk te wees. Daar is goeie sterre vir geldsake, veral sake waarvoor jou handtekening nodig is.