Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

’n Broodjie in die oondjie

$
0
0

Gisteraand moes die Koekedore brood bak, en pantoffelbrood was ook op die spyskaart…

LAAT my asseblief toe om af te draai na my kinderjare en met ’n lang pad terug te kom na dié week se tema op Koekedoor. Wanneer ek die word pantoffel hoor, kan ek nie help om aan die volgende storie te dink nie.

Ons het minder as 2 km van ons skool af gebly. Dit was ’n gemaklike kaalvoetstappie van 15 minute, maar ons het soggens so gedrentel dat ons alewig laat was. Een oggend draai ons toe so dat ons ma ons noodgedwonge in die ou Audi moes boender, pajamas, slippers en al.

Maar dit wat dalk vir ander ’n verleentheid sou wees, was vir my hemels…

Reg voor die skool en ten aanskoue van potensiële boyfriends ploeg een van die dorp se Untouchables in ons vas. Kyk, ’n klein dorpie se hiërargie laat ’n monargie skaam kry en dus is ’n vooraanstaande boer en ouderling se seun in pa se massiewe náoesbonus-trok nooit verkeerd nie, al is hy met net ’n leerlinglisensie gewapen.

In ’n vorige lewe was ma Este dalk Italiaans, want sy kan op ’n tiekie haar humeur verloor. Dié slag hou sy haar egter goed in, stuur ’n gefrustreerde gil hemelwaarts en klim toe bedees uit die kar om die skade te bekyk. Intussen het ek en Callie soos verraaiers skool toe gesluip.

Maar dit wat dalk vir ander ’n verleentheid sou wees, was vir my hemels, want my ma het asemrowend gelyk in haar malvalekkerpienk japon wat soos ’n weermagjas gesny was, haar mooi beentjies en aan haar voete Aspoestertjie-fyn polfyntjies met poeierpienk wolkies op die brug. Sophia Loren in Vredendal. My ma.

Terug by Koekedoor. In dié episode moes ons die deelnemers se broodbakvernuf toets. My medebeoordelaar Tiaan Langenegger is ’n man van kalm geaardheid, maar hy het ’n ongelooflike passie vir brood en word werklik ongelukkig as ’n brood se tekstuur en geur nie perfek is nie.

In die Tuisgebak-uitdaging slaag die deelnemers meestal met heerlike broodrolletjies.

Tiaan stel toe die uitdaging van pantoffelbrode en broodstokkies in die fyngebak-uitdaging.

Hoewel nie voorgeskryf nie, was Mareli se heerlike tuisgemaakte botter salig en het Murray ons verlei met die heerlikste doopsouse soos bloubessies in ’n afgekookte balsemieke asyn.

Pronkgebak het van die mooiste brode opgelewer. Mareli en Martjie het pragtige gevlegte brode geprakseer. Cecelia se brood was asemrowend mooi, maar ongelukkig nie genoeg om haar te red nie en ons moes ons vrolike bakker groet.

Maar dit was Valerie se piekniekbrood wat ons almal aan die praat gehad het, waarin die verruklikste geure gekombineer was. Ek dink in hierdie episode het sy bewys dat sy ernstig begin meeding en beslis die uitdagings verstaan en reg interpreteer.

Hier is wat Valerie te sê gehad het oor die brood-episode.

_MG_6229

Fyngebak Ek het al gelees oor pantoffelbrood, maar dit nog nooit self gebak nie. Ek het dus geweet die deeg is baie nat en jy moet die versoeking weerstaan om nog meel by te voeg, want dit sal die tekstuur heeltemal verander. Ek het gesukkel met die groot pantoffelbrode, maar dit was asof iets net gekliek het met die stokkiebrode, wat die tweede deel van die uitdaging was.

Pronkgebak Ek het in Desember 2012 by ‘n restaurant in Johannesburg die lekkerste slaai geëet met roketblare, bloukaas, pere en swartwoudham. Dit was my inspirasie vir die matrasbrood. Dit het ook ’n verskriklike nat deeg en dis ’n reusagtige versoeking om nog witbroodmeel by te voeg. Gewoonlik kan jy die nat deeg ’n uur of drie lank laat staan en die gluten sal self aktiveer en die werk doen, maar met die beperkte tyd vir die uitdaging moes ek dit eenvoudig knie. En jy knie so ’n nat deeg deur dit op die toonbank te gooi!

Daar is min dinge so terapeuties soos om matrasbrood te “knie”. Ek was nogal skrikkerig omdat ek dit nog nooit voorheen gedoen het nie en dit darem baie tragies sal lyk as jy so ’n vertoning lewer en dit werk nie. Maar ek het vasgebyt en die proses vertrou en was baie tevrede met die eindresultaat. Vir die snipperbrood het ek besluit om die deeg behoorlik te “tamatie” – ek en my tweelingsuster is verskriklik lief vir tamatie en ek het dus sondroë tamaties met tamatiepasta en kruie gekombineer.

Die liewe Errieda du Toit, Koekedoor-vervaardiger, het my in die wonderlike wêreld van Twitter betrek en my gehelp om my basis te groei. Volg my gerus by @marilouisguy.

Die vriendelike mense by RandomHouse/Struik het besluit om ons eerste bakboek, Koeke ter Viering van Liefde en Lewe te herdruk, die keer met ons op die voorblad.

Dit is reeds op die rakke in alle goeie boekwinkels en aanlyn.

Cakes_cover_AFR.indd

Mari-Louis Guy is ‘n beoordelaar van kykNET se Koekedoor-werklikheidsreeks, professionele kosstilleerder en resepontwikkelaar. Sy gaan gereeld vir Huisgenoot.com blog oor Koekedoor en so ‘n kykie agter die skerms gee.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>