Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Koekedoor se Cecilia kry die trekpas

$
0
0

In Donderdagaand se aflewering van Koekedoor, waar die uitdaging oor broodbak gegaan het, is die vierde deelnemer deur die beoordelaarspaneel huis toe gestuur, Cecilia Dramat van Somerset-Wes.

<_MG_3201

Hoekom het jy vir Koekedoor ingeskryf?
Ek is baie lief daarvoor om die werklikheidskookprogramme te kyk en het altyd vir Chris, my man, gesê ek sou graag wou deelneem. Toe Koekedoor adverteer, het ek besluit om in te skryf net vir die uitdaging en het nooit gedroom dat ek gekies sou word nie.

Wat het jy geleer tydens jou deelname?
O, ek het verskriklik baie geleer! Ek het goed gebak wat ek nog nooit vantevore gemaak het nie. Hoe om jou tyd te beplan, want by die huis het jy mos die wêreld se tyd.

Het Koekedoor jou lewe verander en wat hou die toekoms in?
Ek sal sê: ja en nee. Ek het die oulikste mense ontmoet en die ervaring was uitmuntend. Ek sal aanhou bak en my lewe as ’n fisioterapeut sal maar voortgaan.

Hoe voel jy oor gisteraand se episode waarin jy uitgestem is? Wat het skeefgeloop?
Ek was baie teleurgesteld omdat ek huis toe moes gaan, want ek het nog nie my poeding gebak nie. Brood is nou eenmaal nie my maatjie nie; dit is die een ding wat ek geoefen het voor die kompetisie en dis daaroor dat ek uitgestem is. My en brood se liefdeshaatverhouding duur voor. Alles het in kluitjies ontaard!

Wie dink jy is die deelnemers om mee rekening te hou?
Mareli en Martjie natuurlik. Go, Mareli!

Watter kospersoonlikhede inspireer jou?
Daar is te veel om op te noem en dit sal ’n skande wees om een uit te sonder. Ek besit meer as 400 kookboeke, as dit ’n aanduiding kan wees . . .

Gunstelingkoek of -tert en hoekom?
Ek is baie lief vir suurlemoentert, want ek hou van die surigheid wat daarmee gepaardgaan en dit moet tuisgemaak wees.

Wat verkies jy, soet- of soutgebak?
Ek hou van sout- sowel soetgebak, soet is my gunsteling.

Waar kan mense jou kontak? (Facebook, Twitter, webtuiste?)
Ek is op Facebook as Cecilia Dramat en twitter @CDRAMAT.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>