Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 16 April 2015

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:
Die jaar gaan besig en produktief wees. Jy sal jou doelwitte duidelik sien en najaag, selfs al verg dit ekstra werk en langer ure. Vanjaar is ’n keerpunt, naar ’n gelukkige tyd.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mense sal aktief en energiek wees. Hulle sal uiteenlopende belangstellings hê, maar veral tydverdrywe soos sport waarin hulle aktief kan wees. Hulle sal toegewy wees aan hul huis en gesin en baie beskermend teenoor die vroulike gesinslede.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Daar wag frustrasie vandag omdat jy op foute sal afkom wat reggestel moet word voor jy kan voortgaan. As jy wil weet wie oorspronklik die foute begaan het, kyk in die spieël.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jy begin iets. Dit sal mense nie dronkslaan nie, maar sal jou toekoms beter laat lyk. Van die mense om jou, sal jou ’n bietjie meer bewonder. Om prakties te wees is goed, nè?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Aansien is weer ’n kwessie. Jy kyk om jou na van die mense wat die hoogste vlak in hul werk bereik het en weet jy kan ook daar wees as jy net ’n bietjie harder probeer. Wat keer jou?

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Jy het jou oog op verre horisonne en wie kan jou verkwalik? Londen en Parys lyk elke dag ál beter en jy raak ál rusteloser. Kyk ten minste na van die reispakkette.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Jy dink ernstig oor gesamentlike geldsake. Daar sal onvoorsiene uitgawes wees soos versekeringspremies of geld wat jy op jou kredietkaart skuld. Jou spaargeld lyk nogal min.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
’n Band wat nog altyd effens swak was, sal met vandag se sterre versterk. Presies wat dit beteken, is onduidelik, maar jou verhoudings behoort baie hierby baat te vind. Jy begin iets wat lank sal duur.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Die einde van die week kom nader en ingewikkelde, belowende projekte word beplan. Hierdie projekte sal ’n ruk lank aanhou, maar tans is baie beplanning nodig, en jy is mos goed daarmee.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Daar is goeie sterre vir romanse en om tyd te bestee saam met mense van wie jy hou. Vir party Skerpioene sal daar ’n herhaling uit hul romantiese verlede wees. Soms kan dit ’n fout wees om ou romanses te laat herleef of dit te bespreek.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Daar sal ’n paar probleempies wees wat met jou huis verband hou. Daar kan baie redes daarvoor wees. Jy voel waarskynlik herstelwerk of veranderings aan sekere dele van jou huis is nodig om dit op te helder.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Jy bevind jou in ’n situasie soortgelyk aan een ’n rukkie gelede. Dis ’n goeie plan om vandag te sit en uit te werk presies waar verkeerd opgetree is of nie, wie dit gedoen het en hoekom.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Dis tyd om ’n slag te betaal vir iets wat jy as nietig beskou, maar wat vir ander belangrik of selfs noodsaaklik is. Soms moet jy maar net jou sak skud.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Vandag voel jy sterker oor jou besluit. ’n Ruk lank was sake ’n bietjie onseker en jy voel jy moet dit vasmaak. Dis nie onredelik nie, maar dit kan moeilik wees.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>