Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Donderdag 16 April 2015

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die Villa is in rep en roer oor Liam se skielike verskyning en Saskia tree vreemd op wanneer sy hoor van Louw se ontvoering. Eben neem Frits in sy vertroue oor sy agterdog aangaande Kotie.

18:30 7de Laan (SABC2): Die ongenooide gas daag by Herman se daknatmaak op – almal is geskok om te sien wie dit is. Ty besluit dis tyd dat hy beheer van die situasie neem.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana wil die bul by die horings pak, maar nie alleen nie. Malan is onseker of hy sy pa se raad moet volg. Binneland Stereo gons weer oor die vorige dag se gebeure in Ongevalle, terwyl Herman se humeur weer opvlam.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Vikings (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks wat die Noorse held en sy Viking-broers volg.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kuier by die sakeman en voormalige nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, Ton Vosloo en sy vrou Anet Pienaar-Vosloo. Ons maak ’n draai by die munikant Ricus Nel.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): Die piekniekmandjie vra niks meer as brood, kaas en wyn nie. Net soos mense is elke brood wat jy bak uniek, omdat jy met ‘n lewendige ding werk. Om van net drie dinge – meel, gis en water – brood te maak, bly ‘n bak-wonderwerk. Na dekades wat winkelbrood die oorhand gehad het, beleef ons gelukkig nou die era van ‘n broodbak-ontwaking wat artisan-brood weer op die voorgrond plaas.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>