Maak blomkool lekker deur dit met jou gunstelingbestanddele te meng.
Genoeg vir 6
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 40 min.
400 g broskorsdeeg
VULSEL
15 ml (1 e) olie
200 g blomkool
250 g biltong
250 ml (1 k) room
4 eiers
sout en peper
150 g bloukaas, gekrummel
30 ml (2 e) heuning
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 20 cm ronde bakskottel.
- Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en voer die bakskottel daarmee uit. Prik ’n paar keer met ’n vurk en blindbak 10 min. of tot goudkleurig.
- Vulsel Verminder die hitte tot 160 °C. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die blomkool tot goudkleurig. Rangskik die biltong en blomkool in die deegdop.
- Meng die room en eiers en giet oor die biltong en blomkool. Bak 30 min. of tot geset en effens goudkleurig. Strooi die gekrummelde bloukaas oor en bedruip met heuning om af te rond.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander