Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kalf se hart klop in sy nek

$
0
0

’n Kalf in Pennsilvanië is met sy hart in sy nek gebore.


Tom Leech, die eienaar van Amwell Township, waar die kalf gebore is, het die genetiese afwyking op die internet nagevors en kon net twee ander gevalle vind – een in Kentucky in 1903 en een vermoedelik in Turkye.

Hy het die kalfie Cardio Brisket gedoop omdat sy hart in sy keel net bo die brisketsnit lê. Hy is van plan om die kalfie gesond en fiks te hou en soveel moontlik navorsing te doen oor die afwyking.

Tom het in Maart vanjaar agtergekom iets skort toe hy die kalfie binnetoe bring weens die koue. Hy was besig om die dier met ’n haardroër warm te maak toe hy die sterk pols in die nek voel.

’n Veearts, dr. Todd Moores, sê hy het nog nooit so iets gesien nie.

’n Veearts, dr. Todd Moores, sê hy het nog nooit so iets gesien nie.

Hy meen die kalf se sternum of borsbeen het nie behoorlik ontwikkel nie; daarom het die hart in die nek gaan sit. ’n Mens kan glo die hart in die nek sien klop en klopgeluide hoor.

Die kalfie word apart in ’n skuur weg van die ander diere gehou omdat die eienaars vrees dat hy per ongeluk tydens sy interaksie met die ander diere kan seerkry.

Die kalf eet en funksioneer andersins normaal en Tom weier om die dier te laat uitsit. Hy sê hy sal die dier uitsit as dit begin lyk of hy lei.

Bronne: AP, Yahoo News

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>