Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Uiteet verhoog bloeddruk

$
0
0

Restaurantaanbiedings en wegneemetes is dikwels propvol room en suiker, maar baie mense glo dit sal nie juis skade doen as jy andersins gesond is nie.

Die voordele om gesonde kos by die huis te berei is welbekend – dit is tog al hoe jy heeltemal seker kan wees van wat in jou kos is. Tog hou almal af en toe van iets lekkers, iets anders, maar daar word voorgestel dat net een gekoopte maaltyd per week jou risiko vir hoë bloeddruk met 6 persent kan verhoog. Navorsers aan die Duke-NUS Nagraadse Mediese Skool in Singapoer het dit bestudeer, in besonder om te kyk hoekom jonger mense in Suid-Oos Asië dalk ’n risiko vir hipertensie het.

Vyfhonderd en een universiteitstudente het deelgeneem, almal tussen die ouderdom van 18 en 40. Baie verskillende feite is in ag geneem, onder meer bloeddruk, leefstyl, liggaamsmassa-indeks, oefening en hoeveel kos buite die huis geëet word.

Daar is vasgestel meer as ’n kwart van die bevolking het prehipertensie, met meer as ’n derde wat meer as 12 wegneemetes of maaltye per week eet. Mans is ook meer geneig om dit te hê: amper die helfte, vergeleke met skaars ’n tiende van vroue. Die navorsing is in die American Journal of Hypertension gepubliseer en sê dat mense met prehipertensie of hipertensie geneig is om meer uit te eet, nie veel te oefen nie, ’n hoë liggaamsmassa-indeks het en rook.

Hoewel sommige hiervan vanselfsprekend lyk, is daar vir die eerste keer bewys dat daar ’n verband is tussen uiteet en verhoogde bloeddruk. Die span het selfs gesê dat net een maaltyd per week wat nie by die huis berei is nie, die risiko vir prehipertensie met 6 persent kan verhoog.

Daar word voorgestel dat net een gekoopte maaltyd per week jou risiko vir hoë bloeddruk met 6 persent kan verhoog.

Dit laat jou dalk wonder of dit tyd is om gesonder te leef. As dit so is, kan jy gerus luister na Valerie Orsoni, wat ’n boek geskryf het oor hoe Franse vroue na hulself kyk. Hulle is welbekend as mense wat hul figuur noukeurig handhaaf. Valerie verduidelik hoe hul benadering anders is as ander mense s’n.

“Franse vroue dink nie aan fiksheid asof dit iets afsonderliks is nie; dis deel van hul lewe,” het sy aan shape.com gesê. Haar hoofvoorstel is om oefening deel van jou daaglikse lewe te maak sodat jy oefen terwyl jy ander goed doen. Byvoorbeeld stel Valerie voor dat jy hurk wanneer jy die toilet gebruik of stap na iemand om met hulle te praat, pleks dat jy by die werk ’n e-pos stuur.

As kos jou probleem is, waarsku sy dat porsiebeheer die grootste sondebok vir gewigstoename is – groente saam met alles, en proteïen beperk tot die grootte van ’n pak kaarte. “Franse vroue glo nie daarin om ekstra aanvullings of kdieetpille te neem nie. Hulle weet dat ’n towerpil te goed is om waar te wees,” het sy bygevoeg, en verduidelik dat jy vars produkte die belangrikste deel van jou kos moet maak.

© Cover Media

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>