Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kleuter glo vermoor weens glipsie

$
0
0

‘n Kleuter van 18 maande is na bewering doodgeslaan omdat hy op sy ma se 23-jarige kêrel gepiepie het terwyl dié sy doek omgeruil het.


Martin Alvarado is in aanhouding en word aangekla weens moord met voorbedagte rade op klein Edwin O’Reilly in ’n huis in Cicero, ’n voorstad van Chicago, Illinois. Martin het in ’n video erken dat ’n woedebui hom beetgepak het toe sy meisie se seuntjie hom natmaak terwyl hy die kind se doek omgeruil het.

Hy het die kind met die vuis bygedam; Edwin het in die MacNeal-hospitaal aan sy beserings beswyk. Die oorsaak van sy dood was liggaamlike trauma. Die polisie en paramedici het hulle na die huis gehaas nadat hulle ingelig is dat die kind bewusteloos was, berig die Chicago Tribune. Martin het na die kind omgesien ten tyde van die voorval.

Martin moes Maandagoggend voorkom vir sy borgtogaansoek, maar dit is vertraag nadat hy oornag sy tronksel vernietig het, het Ray Hanania, ’n munisipale woordvoerder aan die NY Daily News gesê.

Aantygings van verwaarlosing en mishandeling word teen die kêrel en ma gemaak, sê die woordvoerder. Martin kom weer op 28 April in die hof voor.

Bronne: Chicago Tribune, NY Daily News


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>