Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Northcliff-sakeman vermoor terwyl hy sy gesin beskerm

$
0
0

’n Sakeman van Northcliff is noodlottig gewond buite sy spoghuis toe hy sy vrou en seun beskerm het teen ’n koeël wat rowers geskiet het, berig Netwerk24.



André Botha (59) is Saterdagmiddag doodgeskiet nadat hy en sy vrou, Sarah, en hul seun, Luke (29), van middagete af teruggekeer het.

Net twee dae voor sy dood het hy ’n Lamborghini van R5 miljoen gekoop. Hy het trots die nuwe voertuig vir sy seun gewys toe ’n iemand voor hul huis stilhou en ’n gewapende man uitspring.

“My man het voor my en my seun ingespring en ’n skoot is geskiet,” het Sarah gesê.

André se vrou het gesê hy het sy rykdom gebruik om mense te help en 15 jaar gelede ’n matrikulant help studeer om ’n paramedikus te word. Dié paramedikus het Saterdag op die toneel André se lewe probeer red.

André is in die hospitaal oorlede.

Die rowers het met trouringe, beursies en Luke se Rolex-horlosie op die vlug geslaan.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die Gauteng-polisie, het gesê niemand is nog weens die moord in hegtenis geneem nie.

Bron: News24


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!