Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Klank blus vuur

$
0
0

Twee ingenieursstudente van die George Mason universiteit in die Amerikaanse deelstaat Virginia het ’n brandblusser ontwerp wat vure met klankgolwe doodslaan.

Seth Robertson en Viet Tran het die blusser ontwerp as deel van ’n finalejaar-projek. Hulle wou graag iets nuttig maak wat mense kan help om hul alledaagse lewens te vergemaklik.

Die blusser blaas klankgolwe teen ’n presiese frekwensie uit wat die suurstof in die vuur as’t ware wegblaas.

“Die klankgolwe veroorsaak dan drukgolwe wat keer dat die vuur weer kan opvlam,” het Viet verduidelik.

Dié slimkoppe het lank gesukkel om die presiese frekwensie te vind waarop die klankgolwe die vuur blus. Hulle hoop die toestel sal eendag in veral kombuise geïnstalleer kan word om te help keer dat vlamme hand-uit ruk.

Kyk hier na ’n video-demonstrasie van die kontrepsie:


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>