Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Tien lekker, goedkoop naweek-aktiwiteite

$
0
0

Ons almal weet hoe kosbaar ons vrye tyd oor naweke is. Dis die perfekte tyd te ontspan en opwindende aktiwiteite te beproef. As jy min geld het of elke maand ietsie wil spaar, is hier lekker, goedkoop voorstelle. Ons belowe dit sal nie jou sak ruk nie.

  1. Gaan kuier by ’n vriende by hul huis of nooi vriende oor. Maak springmielies of ’n baksel muffins en gesels net lekker.
  2. Gaan stap met jou hond na ’n park naby jou huis of om die blok. Jy sal oefening kry terwyl jou troeteldier kans kry om sy bene te rek.
  3. Gaan help by ’n kinderhuis. Gee van jou tyd prys om behoeftiges te help. Jy kan saam met die kinders speel, hulle met take help of sommer aanbied om te help met wat ook al gedoen moet word.
  4. Gaan stap! Gaan kyk op everytrail.com vir voorstelle oor waar jy kan gaan. Stap is ’n goedkoop manier om ons pragtige land te verken.
  5. Besoek ’n plaaslike mark. Daar is gewoonlik hope om aan te proe en jy kan ’n heerlike dag genioet sonder om jou sak te skud.
  6. Gaan ry branderplank. Op baie gewilde strande kan jy teen ’n paar rand brandderrylesse kry. Of jy kan ’n branderplank vir minder as R100 huur en die branders probeer baasraak.
  7. Gaan kuier by jou oupa en ouma of ander familie. Hulle sal jou besoek waardeer en jou dalk selfs met tuisgemaakte lekkernye bederf.
  8. Snuffel deur oudhedewinkels vir antieksjiek mooigoed.
  9. Lees! Dit kos niks nie en gaan jou bes moontlik slimmer maak. Raak verlore in ’n boek, neem jou verbeelding op ’n nuwe avontuur en kom meer oor jouself en jou wêreld te wete.
  10. Besoek ’n museum of kunsgalery. Baie se toegangsgeld is minder as R50 en talle bied afslag aan kinders. Jy sal sommer terselfdertyd jou algemene kennis verbreed.

- Megan Bursey

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>