Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Germanwings-loods se “selfdood” geensins uniek

$
0
0

Die onlangse skok-onthulling dat Andreas Lubitz doelbewus die Germanwings-vliegtuig laat neerstort het, het mense aan die gis of só iets al voorheen gebeur het. Beslis.

Net ’n jaar en ’n half gelede het ’n vlug vanaf Maputo onderweg na Luanda in Namibië neergestort. Die voorlopige ondersoek het bo redelike twyfel bevind dat die loods die vliegtuig doelbewus laat neerstort het. Hy het die vliegtuig op ’n trajek reguit grond toe gestuur toe sy mede-vlieënier vir ’n oomblik die stuurkajuit verlaat het. Al 33 insittendes het omgekom.

Daar was ook ander heelwat groter vliegongelukke waar die doelbewuste optrede deur die loodse as rede voorgestel word.

Op 19 Desember 1997 het Silk Air vlug 185 onderweg van Jakarta, Indonisië, na Singapoer in Indonisië neergestort nadat die vliegtuig vinnig hoogte verloor het. Plaaslike ondersoekspanne kon nooit ’n oorsaak vir die ongeluk waarin 104 mense dood is, bepaal nie. Maar ’n onafhanklike ondersoek deur Amerikaanse owerhede het bevind dat die vlieënier kort voor die ongeluk die vlugopnemers afgeskakel het waarna die vliegtuig begin val het. Selfdood word vermoed.

Egypt Air vlug 990

Die grootste vliegongeluk waar selfdood as motief vermoed word, is egter die neerstorting van Egypt Air vlug 990 op 31 Oktober 1999.

‘n Halfuur nadat die vliegtuig vanaf New York opgestyg het, het dit in die see neergestort met 217 mense aanboord. Hoewel niemand ooit konkrete bewyse kon vind nie, het ’n Amerikaanse ondersoekspan bevind dat die medevlieënier die vliegtuig doelbewus na die seebodem gestuur het nadat die hoofvlieënier die kajuit vir ’n oomblik verlaat het. Egiptiese owerhede het hierdie vermoede van selfdood ten sterkste ontken.

Daar was ook ander gevalle. In 1994 het 44 mense gesterf toe vliegtuig van Agadir in Morokko neergestort het, en ook in 1976 toe 12 mense in Rusland onder soortgelyke omstandighede gesterf het.

Sou die ondersoek na die Germanwings-ongeluk bepaal dat selfdood wel die motief was, sal dié ongeluk by hierdie verbasend lang lys vliegongelukke gevoeg word waar die vlieënier of medevlieënier sy eie lewe én die van almal aanboord geneem het.

Bronne: Aviation Safety Network; ABC News


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>