Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

’n Graanontbyt is die beste vir jou gesondheid

$
0
0

Vergeet van al die slegte grappies oor “cereal killers” – ontbytgraan kan eintlik die teenoorgestelde doen en jou lewe red. In ’n nuwe studie word selfs beweer pap, volgraan en graanvesel die risiko vir ’n vroeë dood verminder.

Navorsers aan Harvard se Skool vir Openbare Gesondheid stel ’n dieet ryk aan koring, hawer en quinoa voor, en sê dat dit jou kan beskerm teen diabetes, kanker, hartsiektes en asemhalingskwale.

Volgens die bevindings, as jy ’n gemiddeld van 34 g volgraan per dag eet, word dit vereenselwig met ’n 17 persent verminderde risiko vir vroeë dood, 11 persent verminderde risiko vir dood deur respiratoriese siektes en 48 persent verminderde risiko vir diabetes.

Dit was die geval selfs toe faktore soos liggaamlike aktiwiteit en gesondheid dieselfde was.

‘Ons studie bewys dat die inname van volgraan en graanvesel die risiko kan verminder vir alle oorsake van dood…’

“Ons studie bewys dat die inname van volgraan en graanvesel die risiko kan verminder vir alle oorsake van dood aan chroniese siektes, soos kanker, hartsiektes, diabetes en respiratoriese siektes,” sê dr. Lu Qi, medeprofessor in voeding.

Daar was 367 442 deelnemers aan die studie, en hulle is vir ’n gemiddeld van 14 jaar gevolg.

Maar dink gerus weer as jy jou ontbyt met ’n lekker warm koppie tee afsluk. In ’n studie aan die Universiteit van Londen is bevind dat 40 persent van teedrinkers dit nie vir die voorgestelde twee minute laat trek nie, wat beteken dat hulle dit drink terwyl dit nog baie warm is.

Jy kan die bloedvate in jou neus verswak of skade aandoen en jou vatbaarder maak vir bloeding.

Laat jou koppie tee gerus minstens vier minute staan en afkoel nadat dit geskink is en voor jy dit drink.

© Cover Media

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>